Verlore Grond ’n oorryp wond hang gesper in die lug my pyn is ’n smeulende tou wat vleg deur die klowe in die palm van die dag die wind fluit oor skedelwit duine waar niks groei nie behalwe swye in die skemer tjank ’n jakkals sy honger gehaak aan gister met…
Tag: Christiaan Diedericks gedig
Christiaan Diedericks. Kaïro (I)
Kaïro (I) die son drup soos ’n uitgeperste lemoen in die ou rivier waar die skimme van faraos vervaag taxi’s se toeters is ‘n koor van chaos soos woorde wat te lank in die son gelê het die skraal vingers van lig krap met vuil naels teen gebreekte vensters bakstene fluister…
Christiaan Diedericks. Summum
Summum die hemele ontluik swartgrond slink roeswater rys plastiekemmers wieg op ingestelde ritme metronoom die sinkdak sweet vensterrame gyp komberse bibber in die hoek druip ’n swetsende hond Atlas swik verloor sy ewewig ’n aardbol dryf straataf haasbekkinders agterna © Christiaan Diedericks 2024
Christiaan Diedericks. Vers 81
Vers 81 (vir Breyten) ydel monumente pronk dikgevreet en praalsiek die lang vingers van skraapsug laat serfyne swyg die paladyn op ‘n donkie verklaar oorlog teen ‘n windpomp gooi jakkalsdraaie om ideologie en geloof jou bloed het jou twee keer verloën vir sewe jaar skryf jy in ‘n tuin sonder loof…
Christiaan Diedericks. God se oog
God se oog toe ‘n blou dwerg sku uit die kosmos se baarmoeder glip knip die Helix nebula sy oog uit die niet kyk hy af na Katmandu waar ‘n reënboog gebedsvlae gelate wapper op die goue koepel van die son onder die jakaranda se pers jurk seën die sadhoe ‘n…
Christiaan Diedericks. Kopbeenversamelaar
Kopbeenversamelaar in Varanasi kou ‘n Agori aan die vingers van dooies smeer die as van eeue oor sy lyf hy slurp die bonatuurlike uit sy skedelbeker gekerf uit die gesteelde kopbeen van ‘n onbekende geliefde op die brandstapel die monastiese askeet – in diepe beswyming – verorber die soet vlees van…
Christiaan Diedericks. Santiago de Camino Compostela
Santiago de Camino Compostela die voetval van die pelgrim loop deur die slagaar van die veld ‘n skaam beek omhels die heuwels die landskap se vlegsel netjies met ‘n wit lint vasgebind kaboutereter-kewers, bondeldraers en ‘n eensame kakkerlak luister aandagtig na die geruislose voetval van ‘n boetgesant ‘n ooievaar bring…
Christiaan Diedericks. Stasie
Stasie (vir Mellet) moeë bakstene gluur vir die spore na die ander land wat kronkel oor die reënboogbrug op die perron laat ‘n swart papawer sy kop eerbiedig sak die nag trek haar blinkerrok oor die dye van die dag in die vertreksaal het die hart van die groot horlosie ophou…