Posts Tagged ‘Clarabelle van Niekerk’

Andries Bezuidenhout. Lulu dans in ‘n doolhoftuin

Sunday, April 18th, 2010

Vreemd dat ek vanoggend aan Clarabelle van Niekerk dink. Sy’t in die tagtigs ʼn album opgeneem met die titel Bollo-Mah-Kissy – ʼn vreemde titel vir ʼn plaat (toe nog op viniel gedruk).

Maar sy’t lank gelede reeds in die VSA gaan woon. Toe, in die vroeë 1990s, het sy weer ʼn Afrikaanse album vrygestel, hierdie keer in CD-formaat – Roep die Engele. Dis moeilik om haar musiek te klassifiseer. Dit pas nie heeltemal in by enige van die geykte kassies wat ons gebruik nie.

Ek dink vanoggend spesifiek aan “Lulu”, een van die songs op Roep die Engele. Ek soek die wilde wye internet vol, maar kry dit nêrens om af te laai nie. My eie CD van haar het jare gelede reeds ophou werk. Dalk het ek dit te veel gespeel – spesifiek “Lulu”.

Ek skryf dit hier soos ek dit onthou:

Lulu se woonstel was tot teen die dak
met bleek winkelpoppe volgepak
kunsprojekte wat niemand wou hê nie
gestopte parakiet wat nooit iets sal sê nie

Lulu dans in ‘n doolhoftuin
waar die ysreën looi
en rye en rye rooi papawers
word na die bal genooi

Lulu ons kan jou nie keer nie
en hy kom met vingers van fluweel
om haar in die nag te streel
en Lulu raak vir ewig in sy arms aan die slaap

Iemand fluister ‘n paternoster
en die requiem klink so soet
ek wonder soms waar Lulu is
en of sy nou haar mense ontmoet

Lulu dans in ‘n doolhoftuin
waar ʼn woekerplant groei
en rye en rye rooi papawers
word na die bal genooi.

Lulu dans in ‘n doolhoftuin
waar skurwe sipresse groei
en rye en rye rooi papawers
word na die bal genooi.

Soms laat dit my aan Leonard Cohen se “Seems so long ago Nancy” dink. Die Duitse maatskappy Bayer het met die Verdrag van Versailles die reg verbeur om die handelsmerk “Heroin” eksklusief te gebruik.

  •