Epiloog Slegs hy wat braaf genoeg is kyk die dood stip, vierkant in die oog knip snel sy lewe se geknoopte draad kort sonder ʼn opgevoude skrywe, sonder ‘n gewyde slotbetoog dan pas hulle hom, en sy swart hond, saam in ʼn kis. Hierdie gedig – ’n inskrywing vir die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie – is in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer, en word herpubliseer met toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Klik hier om toegang tot meer as 17 000 gedigte in al 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale te…