Posts Tagged ‘Cochenille’

Hildegard Klein. Cochenille-liefde

Monday, May 23rd, 2022

 

Cochenille-liefde: Sy

 

My heer, u pronk met stertfilamente

en weelderig vonkelende vlerke;

dog my beskeie lyf sonder ornamente

beskaam my sonder perke.

 

 

Cochenille-liefde: Hy

 

Begeerlik is u met u karmynrooi blos,

‘n huishen, rond en knus.

As ek weg is, sal u onder u wol-karos

steeds ons nimfies beskerm en sus.

 

 © Hildegard Klein, 2022