Corlia Fourie, die oudste dogter van die bekende skrywer Mikro (C.H. Kühn), is gebore op 11 Desember 1944 in Kuilsrivier. Sy spandeer haar kinderjare in die Wes-Kaap waarna haar familie na Pretoria verhuis waar sy haar skoolopleiding aan die Hoërskool Hendrik Verwoerd voltooi. In 1965 behaal sy ’n B.A.-graad met Sielkunde en Afrikaans-Nederlands as…