Ek werk op die oomblik aan ʼn projek saam met die beeldende kunstenaar Jaco van den Heever. Hy doen houtskoolsketse, op die oomblik meestal tonele uit Johannesburg – city scapes, soos hulle op Engels sou sê (“stadskappe” werk net nie lekker nie). Sy mees onlangse uitstalling se titel is “Civilized Violence” – lees ʼn resensie…