Ek het ʼn hele rukkie gelede ʼn paar blogs geplaas oor die drie openingsgedigte in Marius Crous se bundel Vol draadwerk (2012). Ter verfrissing van die geheue plaas ek al drie die gedigte weer: GESONKE KATEDRAAL die katedraal sak af in die water soos valstande in ‘n glas wit grimas van steen uit…
Tag: Crous Marius
Marlies Taljard: Valstande in ‘n glas
Die gedig Apostase in Marius Crous se bundel Vol draadwerk (2012) verbeeld die sprekende ek se afvalligheid van die Christelike godsdiens. Dit is nie toevallig dat dié gedig in die afdeling staan wat heet Aufhebung nie – ‘n woord wat vertaal kan word met “uitkansellering”, “opheffing”, “afskaffing” en “ongeldig verklaring”. Hierdie is een van die…
Marlies Taljard: “sy die gemantelde”
Marius Crous se nuwe bundel Vol draadwerk (2012) is ʼn ware skatkis van uiteenlopende verwysings en figure. Die tweede afdeling van die bundel is fassinerend vanweë die antieke en mitologiese figure waaroor die gedigte handel. Onlangs sit ek sy gedig “Avalon” uit dié afdeling op my facebookbladsy, maar niemand hou van dié inskrywing nie. Waaruit…