a probatio pennae1: Hebban olla vogala…2 Vlaamse vadertjie toe jy – in die vaal kloosterscriptorium van Kent met die gedurige gegriffel van veerpenne op perkament soos die stil geskarrel van vaalmuisvoetjies – die varsgesnyde punt van jou gansveerpen moes proef krabbel jy op die skutblad van jou manuskrip a pueritia memoria3 ’n liefdesvers…