Waar die Oos-Europese digkunste sowat ‘n dekade gelede ongekende blootstelling en erkenning geniet het, het die fokus die afgelope jare nogals ietwat verskuif met veral die Midde-Oosterse digters wat al hoe meer aan internasionale aansien begin wen. Met digters soos Adonis, Mahmoud Darwish, Yehuda Amichai, Dan Pagis en Dahlia Ravikovitch in hul geledere is dit…