Posts Tagged ‘Danie Marais’

Desmond Painter. Tot lof van ou mans…

Monday, May 30th, 2011

Vanoggend, drie dinge oor oud word — en oor ouer wordende mans spesifiek: ‘n Artikel van my oor Bob Dylan se 70ste verjaardag het gister in Rapport verskyn. Danie Marais verjaar vandag — ek sal nie sy ouderdom verklap nie, maar hy is gewis nie meer 39 nie… En Pieter Odendaal raps “die ouer garde” oor die vingers in sy jongste (!) bloginskrywing. Dus dra ek graag William Butler Yeats se “Why Should Not Old Men Be Mad?” op aan al die ou en ouerwordende mans wat hier lees! Soos Bob Dylan sing: “Time and love has branded me with its claw…”

William Butler Yeats

Yeats

Why Should Not Old Men Be Mad? – deur William Butler Yeats
Why should not old men be mad?
Some have known a likely lad
That had a sound fly-fisher’s wrist
Turn to a drunken journalist;
A girl that knew all Dante once
Live to bear children to a dunce;
A Helen of social welfare dream,
Climb on a wagonette to scream.
Some think it a matter of course that chance
Should starve good men and bad advance,
That if their neighbours figured plain,
As though upon a lighted screen,
No single story would they find
Of an unbroken happy mind,
A finish worthy of the start.
Young men know nothing of this sort,
Observant old men know it well;
And when they know what old books tell
And that no better can be had,
Know why an old man should be mad.

Danie Marais. “Terrible Dreams” (Sinclair Beiles)

Monday, May 16th, 2011

Sinclair Beiles

 

In BY van Beeld (Saterdag, 14 Mei 20011) het ‘n artikel oor die Suid-Afrikaanse Beat-digter Sinclair Beiles verskyn wat hier gelees kan word.  As toevoeging word die gedig Terrible Dreams van die digter hierby gevoeg. Die koerant het nie daarvoor plek gehad nie, maar dit sê vir my baie oor die tragedie van sy lewe.*

Terrible Dreams

 

My condition is lamentable – to me anyway.
I keep a kind of old flying machine stability
On a cupboard full of drugs
And as I fly through the day
I can hear my nerves creaking.
I look over the side of the cockpit
And below I see the horrors of enemy territory
– The mental hospitals.
All I can think of is writing as much as I can
While a semblance of sanity and strength remains for me,
I fear the fate of Artaud
Of Nietzsche
Of Nijinski.
If some small magazine editor happens to drop into your office
Or into your soup in the form of a fly when you eat at
The arts laboratory
Perhaps you can pull out this work for his consideration.
Tell him I have terrible dreams.

  • – Sinclair Beiles

Uit: Ashes of Experience (1969)

Danie Marais. Skrywers en moraliteit

Wednesday, February 2nd, 2011

Skrywers en moraliteit

Danie Marais

NP Van Wyk Louw

NP Van Wyk Louw

Verlede jaar probeer ek vir Ronelda Kamfer – ‘n jong digter wie se werk ek aangrypend vind – oorreed dat N.P. van Wyk Louw se poësie onontbeerlike leesstof is. Haar antwoord? “Jy weet, Danie, as ek aan daai ou mannetjie en sy houdings dink, kan ek net nie meer lees wat op die bladsy staan nie.” Vir haar as bruin skrywer wat ‘n klomp van die verlede se politiese gif met moedersmelk ingekry het, is dit waarvoor Van Wyk Louw staan ‘n onoorbrugbare hindernis. Uit ‘n huidige perspektief lyk sy “lojale verset” na ‘n hopelose selfveronstkuldigende gebaar; ‘n gerieflike stukkie selfbedrog sodat dié wat hulle met die hogere filosofie en literatuur besig hou, rustig in Clifton kan sit om “universele” dinge oor die menslike toestand neer te pen terwyl medemenslikheid net ander kant die berg tot aan die Limpopo krepeer.

‘n Paar maande voor my en Ronelda se gesprek het ek in ‘n onderhoud vir Beeld met Hunter Kennedy – Fokofpolisiekar se liriekskrywer – ook oor Van Wyk Louw gesels. Die Karre se album Swanesang het so pas verskyn en Hunter het ‘n hele strofe van “Jy was ‘n kind” in die liedjie “Heiden heiland” aangehaal. Hoe voel hy oor Van Wyk Louw se politiese omstrendenheid, wil ek weet. Wat van die Nazi-sentimente wat in Van Wyk Louw se briewewisseling met sy broer W.E.G. Louw aan die lig gekom het?

Hunter antwoord effe bekommerd: “Ek kon nie op hoërskool met Afrikaanse literatuur identifiseer nie, maar hy was my favourite. Met die skryf van die nuwe album het ek met die Bybel, die woordeboek en Van Wyk Louw as verwysings gewerk. Sy woorde word natuurlik in die song in ‘n heeltemal ander konteks gebruik as in die oorspronklike gedig, maar dit het perfek gepas. Nie enige een van ons weet verder iets van hom of sy politieke oortuigings nie.”

Dié twee gesprekke oor Van Wyk Louw som die oeroue spanning tussen die estetiese en die etiese in die literatuur netjies op. Hoe gemaak met goue woorde uit die pen van skrywers wat moreel of polities verdag voorkom? Het die skrywer as denker en potensieel invloedryke stem nie ‘n sosiale verantwoordelikheid om tot ‘n beter, deugsamer samelewing by te dra? Maak die lees van goeie boeke ons nie ook beter mense nie, of is goeie literatuur per slot van sake pure elitistiese verstrooiing – sepies vir diep mense? Kan ‘n mens in ‘n land soos Suid-Afrika wat deur armoede en hope maatskaplike probleme geteister word, skryf waaroor jy wil, of is die skryf van boeke ter ontvlugting of ligte vermaak om viool te speel terwyl Rome brand?

As jy reken die etiek en sy berugte, aangenome boetie die politiek behoort geen sentrale rol te speel in die beoefening of beoordeling van woordkuns nie, staan jy aan die kant van estete soos John Keats en Oscar Wilde. “Beauty is truth, truth beauty” het Keats in sy beroemde “Ode to a Grecian Urn” gedig. “There is no such thing as a moral or an immoral book. Books are well written, or badly written,” het Wilde in die voorwoord tot sy roman The Picture of Dorian Gray verklaar.

Keats en Wilde was galleonsfigure van die 19de-eeuse beweging wat bekend gestaan het as Aestheticism – “kuns om kuns onthalwe” (Art for Art’s sake) was hul slagspreuk. Die nut van kuns is radikaal bevraagteken. “All art is quite useless” het Wilde gesê. Théopile Gautier het dié standpunt mooi ingekleur in die voorwoord tot sy roman Mademoiselle de Maupin: “Nothing is truly beautiful unless it cannot be used for anything; everything that is useful is ugly because it is the expression of some need, and those of man are ignoble and disgusting, like his poor and infirm nature.”

 

Invloedryke 19de-eeuse kritici en skrywers soos John Ruskin en die digter Matthew Arnold was egter van mening dat hierdie houding ‘n laakbare vorm van dekadensie is. Biograwe het tot in 2005, toe dié tekeninge in ‘n argief ontdek is, beweer dat Ruskin so toegewyd aan sy kruistog vir morele kuns was dat hy verskeie van sy geliefde kunstenaar J.M.W. Turner se erotiese tekeninge vernietig het. Vir Arnold was die poësie van rebellie teen morele opvattings, die poësie van ‘n rebellie teen die lewe self; om in jou digkuns onverskillig te staan teenoor moraliteit, om onverskillig te staan teenoor die lewe. Arnold het so ver gegaan om sy eie gedig “Empedocles on Etna” vanweë morele oorwegings uit ‘n digbundel weg te laat. Hy het gevoel dié morbiede gedig sou lesers hopeloos en verslae laat voel en dat so ‘n vers nie leersaam sou wees of enige plesier kon verskaf nie.    

En dis nog nie naastenby so ekstreem soos die beroemde Franse skrywer en filosoof Jean-Paul Sartre wat in 1964 in sy boek Les mots (Words) vanweë polities-morele oortuigings die literatuur heeltemal afgesweer het nie. Hy het tot die slotsom gekom dat die literatuur funksioneer as ‘n burgerlike plaasvervanger vir ware betrokkenheid in die wêreld. Sartre het in dieselfde jaar daad by die woord gevoeg en die Nobel-prys vir Letterkunde van die hand gewys.

Harold Bloom

Harold Bloom

En dié vurige debat woed vandag nog voort. Wilde se mees bekende kontemporêre navolger is die Amerikaanse kritikus Harold Bloom. In die eerste hoofstuk van sy monumentale werk The Western Canon verwys hy na “die sublieme Oscar Wilde wat reg was oor alles” en stem entoesiasties saam dat kuns basies nutteloos is. Volgens Bloom is dit hopeloos om die kanon te verdedig in die naam van moraliteit. Die lees van groot literatuur is nie ‘n eties opbouende tydverdryf nie:

“Die Weste se grootste skrywers ondergrawe alle waardes, sowel ons s’n as hul eie. […] As ons die Westerse kanon lees om ons sosiale, politiese en morele waardes te vorm, glo ek vas dat ons monsters van selfsug en uitbuiting sal word. Om in die diens van enige ideologie te lees is, myns insiens, om hoegenaamd nie te lees nie. Die gewin aan estetiese mag help ons om te leer hoe om met onsself te praat en onsself te verduur. Die ware nut van Shakespeare, Cervantes, Homer, Dante, Chaucer of Rabelais is om die groeiende, innerlike ek uit te brei. Deur wyd en diep te lees in die kanon gaan jy nie ‘n beter of ‘n slegter mens word, of ‘n meer bruikbare of skadelike burger nie. Al wat die Westerse kanon jou kan gee, is die vrugbare gebruik van jou eie eensaamheid –  daardie eensaamheid waarvan die uiteindelike vorm die konfrontasie met jou eie sterfklikheid is.”

 

Bloom is uiteraard ‘n rooi doek vir Neo-Marxistiese en feministiese literatuurkritici wêreldwyd. Die bekende Britse Marxistiese kritikus Terry Eagleton stel die teenoorgestelde standpunt in verskeie werke, onder andere in sy Literary Theory: An Introduction. Eagleton glo soos Sartre “die mens is ‘n politiese dier” en beklemtoon dat die “suiwer” studie van literatuur om die estetika daarvan ‘n akademiese mite is. Alle literatuurkritiek is uiteindelik polities, argumenteer hy in die slot van Literary Theory: “‘n Letterkundige teorie is nooit meer ideologies as wanneer dit probeer om die geskiedenis en politiek geheel en al te ignoreer nie. […] By nadere ondersoek kan gesien word hoe letterkundige teorieë verband hou met die spesifieke belange van spesifieke groepe in spesifieke tye.”

Dat beide kante van hierdie oeroue debat ‘n punt het, is duidelik. Margaret Atwood verwoord haar ambivalensie teenoor al twee uiterstes mooi in Negotiating with the Dead: A Writer on Writing: “Sê nou jy draai af van die smalle weg van Kuns om Kuns Onthalwe en kies ‘n ander pad – die een met die rigtingwyser wat lees: ‘Sosiale Betrokkenheid’. Eindig jy dan in ‘n paneelbespreking en is daardie paneelbespreking dalk in die hel? Maar sê nou jy draai jou rug op Sosiale Betrokkenheid, hekel jy dan nie uiteindelik maar net woord-doilies vir die ornate leunstoele in die Paleis van Kuns nie?”

Binne ‘n Suid-Afrikaanse konteks, met sy onlangse geskiedenis van grootskaalse politiese onderdrukking, bly die rol van die skrywer en die literatuur ‘n omstrede mynveld. Die amptelike, politieke sensuur is sedert 1994 iets van die verlede, maar dat vele boeke en daarmee saam hul skrywers nog op grond van politiese of morele oorwegings beoordeel, en soms veroordeel word, is duidelik.

Anton Kannemeyer en Conrad Botes se stripboek GIF is ook in die nuwe Suid-Afrika as obseen verbied. André P. Brink was vanjaar onder skoot oor ‘n badtoneel in Ander Lewens wat sommige lesers gevoel het seksuele begeerte teenoor ‘n klein dogtertjie uitgebeeld het. Een blogger het selfs op ‘n verskoning teenoor alle gemolesteerde kinders aangedring. J.M. Coetzee se Booker-wenner Disgrace, wat deur die ANC-regering en verskeie kritici as rassisties bestempel is, is egter die bekendste onlangse voorbeeld van hierdie soort moralistiese oordeel. Soortgelyke besware is geopper teen Eben Venter se apokaliptiese roman Horrelpoot, wat Joseph Conrad se Heart of Darkness nuut verbeel binne ‘n duister Suid-Afrikaanse toekoms van korrupsie en algehele verval. Conrad se eie roman is ook vroeër deur die Nigeriaanse skrywer Chinua Achebe in ‘n politiese lesing as ‘n rassistiese boek afgemaak wat wesenlik tot die stereotipering van swart mense en “donker Afrika” bygedra het.

Maar moenie dink dit is net wit skrywers wat oor die kole van moralistiese of politiese lesings gehaal word nie. By die 2008 Time of the Writer-fees in Durban is Kopano Matlwa, die 22-jarige skrywer van Coconut gepeper met aggressiewe vrae oor haar menings ten opsigte van taal en identiteit. Matlwa se debuutroman handel oor swart en jonk wees in ‘n hoofsaaklik wit skool en gemeenskap, en een ondervraer wou selfs weet of sy haar kinders in ‘n wit skool sal sit, noudat sy weet watter pyn dit veroorsaak om van jou kulturele wortels vervreem te word.

Ek het min tyd vir kritici wat van kuns propaganda vir die goeie saak, of ‘n reëlboek vir betaamlike gedrag wil maak; en net so min vir lesers wat die optrede en uitlatings van feilbare menslike karakters in boeke wil toedig aan die skrywers van daardie boeke. Dat Disgrace ‘n ontstellende roman is wat ‘n angswekkende blik op post-Apartheid Suid-Afrika werp, is duidelik. Aan David Lurie, die hoofkarakter, kon ek ook nie vat kry nie, maar om Lurie gelyk te stel aan Coetzee is gewoon onaanvaarbare leesmaniere. En hoe moet Eben Venter wit vrees vir Afrika en ‘n katastrofale toekoms verken en tegelyk daarop let om polities korrek te wees. Kan vrees ooit anders as bevooroordeeld wees? Angs berus tog per definisie op die veronderstelling dat iemand of iets met jou kwade bedoelings het – kan wit vrees vir Afrika dan op iets anders as rassistiese vooroordele berus? Is die romansier veronderstel om gereeld voetnotas aan te bring waarin hy telkens sê: Onthou hierdie is ‘n roman, ‘n gefiksionaliseerde dinkeksperiment – ek is ‘n goeie mens wat x en y belei, maar wil tog graag probeer om die ander kant van die saak te ondersoek? Moet Matlwa om verskoning vra vir die kulturele verwarring wat sy verwoord het?

Maar ek deel ook Atwood se ambivalensie – die idee dat een van my eie gedigte oor my intieme middelklas-seerplekkies net ‘n woord-doilie vir die wêreldvreemde Paleis van die Kuns is, pla my. As jy rondom jou kyk in Suid-Afrika lyk niemand so blind en sinies soos die hopeloos bevoorregte wit vrou wat Tatamkula Afrika in sy gedig “The Squaring” beskryf nie: “… this woman, here, now, / toying with her glass’s thin stem, so tired of a story still not told …”

Carlos Fuentes

Carlos Fuentes

Toe ek dus ‘n paar jaar gelede die geleentheid kry om met Carlos Fuentes ‘n onderhoud te voer, kon ek nie wag om hom te vra of hy aan iets soos ‘n skrywersverantwoordlikheid glo nie. Fuentes, wat as Mexiko se grootste lewende skrywer gereken word, was in Johannesburg om die Nadine Gordimer-gedenklesing waar te neem. Hy is bekend vir sy politieke uitgesprokenheid, veral sy vurige kritiek op die imperialisme van die Verenigte State. En Mexiko is boonop ‘n land wat met soortgelyke post-koloniale probleme as Suid-Afrika worstel.

Fuentes antwoord egter sonder ‘n sweempie van huiwering: “Die skrywer se enigste verpligting is teenoor die taal en die verbeelding. Wanneer ‘n skrywer sy sout werd is, verander hy die kopermunte van gewone woorde in goud. Die krag en waarde van ‘n skrywer se werk lê alleen in die gehalte van die taalgebruik en die oorspronklikheid van die skrywer se verbeelding.”

Of ‘n skrywer polities betrokke wil raak, is volgens Fuentes ‘n persoonlike keuse en hy beklemtoon dat skrywers hulle dikwels polities misgis. Hy noem die voorbeelde van Jorge Luis Borges wat die Chileense diktator Pinochet ondersteun het, en Pablo Neruda wat lank Stalinistiese oortuigings gehuldig het.  “Tog,” sê hy, “hulle bly ongetwyfeld groot skrywers.”

Sy antwoord het my dadelik beter laat voel oor my Van Wyk Louw-bewondering. En eintlik sê Fuentes tog iets wat ons almal weet – dat ‘n slag met woorde nie net die onbevlektes en regverdiges beskore kan wees nie.

Daar is ‘n treffende passasie in Vladimir Nabokov se meesterstuk Pale Fire waarin die hoofkarakter, dr. Charles Kinbote, kommentaar lewer op die epiese onvoltooide gedig van sy vermoorde buurman John Shade. Die reël in Shade se gedig lui: “Just behind (one oozy footstep) Frost”. Hiermee gee Shade te kenne dat die kritici hom altyd met Robert Frost vergelyk het, maar hy Frost nooit kon oortref nie. Kinbote se dodelike kommentaar lui: “With all his excellent gifts, John Shade could never make his snowflakes settle that way.”  

En elke boekliefhebber en enigeen wat al self probeer het om kreatief te skryf, moet Kinbote gelyk gee. Die toets van die woordkunstenaar se vermoë lê nie in sy deugsaamheid nie, maar in die manier wat hy sneeuvlokkies tot ruste kan laat kom. En het Van Wyk Louw nie geweet net hoe om die sonlig op herfsblare in die Boland te laat val nie? Die Poolse digter en Nobelpryswenner Wislawa Szymborska het juis daarom gesê dat die biografieë van digters haar hoegenaamd nie interesseer nie, want waar poësie vandaan kom, kan niks of niemand en beslis geen lewensverhaal verklaar nie.

Maar miskien is die interessanter vraag hoekom die vasstelling dat groot skrywers foute maak en hul soms polities en eties lelik misgis, ons so ontstel? Hoekom wil ons die feit dat Joseph Conrad nie deur sekere vooroordele kon sien nie in ‘n tydsgewrig toe die oorgrote meerderheid van denkende, opgevoede Europeërs hoegenaamd geen wenkbrou gelig het oor die kolonialistiese plundering van Afrika nie, teen hom hou? Is dit regverdig om die vader van die moderne Engelse digkuns, William Wordsworth, uit curricula in Amerikaanse universiteite te werk, soos dit tans gebeur, omdat hy later in sy lewe die ideale van die Franse Rewolusie verwerp het? Eintlik vreemd dat ons nog graag die antieke Griekse filosowe aanhaal terwyl nie een van hulle blykbaar enige gewetensbesware teen slawerny gehad het nie.

My vermoede is dat ons ongenaakbare oordeel oor sommige skrywers van gister en vandag ‘n vorm van pisgiese selfverdediging is. Wanneer ons gekonfronteer word met die politiese of morele dwaling van figure  soos Van Wyk Louw, Neruda of Borges is dit ontstellend. Dit sou amper ‘n troos wees as hulle verwerplike, bose gestaltes was wat ons ten sterkste kan veroordeel, want anders moet ons met die besef leef dat selfs die vindingrykste, intelligentste mense groteske foute maak. En dan moet ons ook aanvaar dat toekomstige generasies moontlik ons saam met ons grootste skrywers as kortsigtige, dalk selfs krimineel nalatige mense gaan sien wat vleis geëet het, olie-oorloë gevoer het en die ekologie verrinneweer het. As ons aanvaar dat die groot geeste ook maar mense is, moet ons vrede maak daarmee dat groot kunstenaars soms ook rassiste, meelopers en by tye onaangename karakters met ‘n gemene streep kan wees – die naamvader van die sadisme, markies De Sade, was beslis nie onnosel nie. Dit dwing ons om te aanvaar dat intelligensie en talent nes die menslike hand vir enigiets gebruik kan word, soos die filosoof Richard Rorty sê.

En as ons dit aanvaar, moet ons toegee dat die aspirasies van die Verligting wat tot die Franse Revolusie, die demokrasie en uiteindelik menseregte aanleiding gegee het, beskaam het; moet ons besef die geloof dat wetenskaplike en morele vooruitgang saam besig is om die toekoms in te marsjeer, wensdenkery is. Shakespeare het die hoop van Die Verligting opgesom, toe hy geskryf het: “There is no darkness only ignorance.” Maar wanneer ons dink aan De Sade, moet ons besef dat daar ook duister, boosheid en ongeneeslike menslike blindheid is; moet ons saamstem met Van Wyk Louw se “Ballade vir die  Bose”: “Wanneer jy wil vlug / uit die stad wat brand / dan vlug ek saam / soos ‘n vrou aan jou hand.”

Die letterkunde sê nie vir ons hoe om te leef, of wat reg en verkeerd is nie, maar wys ons, veral in die roman, hoe gebonde aan konteks, tyd en plek elke waarheid, manier van doen, of morele beginsel is. Dit waarsku ons juis teen die vlugvoetige verkleurmannetjie van menslike dwaasheid. Volgens Milan Kundera het Gustave Flaubert, die 19de-eeuse skrywer van Madame Bovary, in ‘n eeu wat so trots op sy wetenskaplike prestasies was die dwaasheid ontdek: “Natuurlike het mense ook voor Flaubert geweet dat dwaasheid bestaan, maar hulle het dit anders verstaan: Dis gesien as ‘n blote afwesigheid van kennis, ‘n defek wat opvoeding kon regstel… Flaubert wys ons egter dat dwaasheid nie wyk voor wetenskap, tegnologie, moderniteit of vooruitgang nie – inteendeel, dit ontwikkel saam met vooruitgang.” (In: The Art of the Novel)

Die letterkunde stapel nie soos die natuurwetenskap bakstene op die toring van kennis nie – dit lei egter dikwels tot begrip, en begrip kan berusting bring, maar ook die teësinnige aanvaarding van onversoenbare teenstrydighede en ambivalensie. Dit is die letterkunde wat ons voortdurend waarsku om nie te oordeel voor ons verstaan het nie, want boeke plaas ons ook in die skoene van diegene vir wie ons vrees, haat en veragting koester.

En dan is die literatuur tog alles behalwe nutteloos, soos Wilde en Bloom beweer. Ek dink Bloom weerspreek homself, want as die literatuur ons help, soos hy sê, om ons self (en ander) te verduur, is dit tog van onskatbare waarde. Ná die akteur River Phoenix se selfmoord het sy vriend Ethan Hawke gesê dis jammer dat River nie meer van die klassieke boeke gelees het nie: “Because then he would’ve known his weirdness is not unique.”

So gesien, is die waarde van die literatuur en die waarde van vriendskap baie dieselfde. Dit is die literatuur wat jou laat weet dat jy nooit so alleen was soos jy gedink het nie – êrens in ‘n ander plek en tyd was daar iemand wat die lewe en die Geskiedenis nes jy deurly het.

In haar essay “Believing in Literature” het die Amerikaanse skrywer Dorothy Allison dit só gestel: “Daar is ‘n plek waar ons altyd alleen met ons sterflikheid is, waar ons eenvoudig iets groter as onsself moet hê om aan vas te hou – God of die geskiedenis of politiek of literatuur of ‘n geloof in die helende krag van die liefde, of selfs regverdige woede. Soms dink ek hulle is almal dieselfde: ‘n rede om te glo, ‘n manier om die wêreld aan die strot te gryp en vol te hou dat daar meer aan hierdie lewe is as wat ons ons ooit kon verbeel.”

Ronelda Kamfer en Van Wyk Louw gaan dalk nooit vriende word nie, maar ‘n sleutel pas nie op elke slot nie. En Ronelda se leeslys wat in Boeke-Insig #3 verskyn het, wys dat Allison ‘n waarheid beet het. Van die einste Dorothy Allison se roman Bastard out of Carolina sê Ronelda: “Die boek het my hart gebreek, maar ook heelgemaak. Respek.” En eendag binnekort gaan ‘n vertwyfelde iemand Noudat slapende honde, Ronelda se debuutbundel, optel en daardie persoon gaan besef moedverloor se vlakte is nie noodwendig die einde van die pad nie. Daardie leser gaan dalk net opstaan, die wêreld aan die keel gryp en weer probeer.

 

Wat sê die skrywers?

Vier gerekende skrywers het twee vrae oor die kwessie van letterkunde en moraliteit beantwoord.

Ek het vier gerekende skrywers die volgende twee vrae oor die kwessie van skryfwerk en moraliteit gevra:

1. Ezra Pound het gesê: “Fundamental accuracy of statement is the one sole morality of writing.” Stem jy saam? Hoekom?

2. Sou jou antwoord 20 jaar gelede onder die ou bedeling dieselfde gewees het?

 

André P. Brink, bekroonde skrywer en samesteller van die Groot Verseboek

1. Ek het probleme met Pound se “fundamental accuracy of statement”. Dit sou miskien vir verslaggewing kon geld, maar tog skaars vir fiksie. Ek verwerp “politieke,korrektheid” en moralistiese eise wat van buite aangelê word. Maar dat daar ‘n fundamentele morele dimensie in die literatuur geleë is, glo ek baie sterk. Nie “moraliteit” wat wissel volgens landstreek of politieke mode nie, maar ‘n intrinsieke aanvaarding van verantwoordelikheid ten opsigte van wat mens skryf. As Pound in plaas van “accuracy” gesê het “truth”, sou ek dit gunstiger kon oorweeg. Mits mens dan weer Pilatus se ou vraag kon beantwoord: Wat ís “waarheid”?!

2. En aan só ‘n instelling sou politieke dienstigheid geen duik kon maak nie. Daarom sou ek, hoop ek, 20 jaar gelede dieselfde geantwoord het.

 

E.K.M. Dido, die skrywer van onder meer ‘n Stringetjie blou krale

1. Ja, ek stem saam met Pound. Weergawe in werke moet fundamenteel akkuraat wees om geloofwaardig te wees. Ek het groot respek vir die leser. Daarom die naslaanwerk; die ondersoek van gekose onderwerpe; of die aanklop by kundiges – als op soeke na die waarheid. Na my mening sal ‘n leeskultuur in gemeenskappe vlam vat en brandende bly as ek as skrywer so veel moontlik doen om so na as moontlik aan die waarheid te bly.

2. Sou my antwoord 20 jaar gelede dieselfde wees? Beslis! Politieke veranderinge leen homself net meer toe aan skryfmateriaal. Maar ‘n paar dinge bly tog konstant omdat politiek sy vingers in elke pastei het. Een daarvan is maatskaplike kwessies. Dit was, word, en sal altyd deur politiek beïnvloed word.

 

Rustum Kozain, bekroonde digter

1. Sonder die hele teks is ek nie seker wat Pound bedoel nie. Hy bedoel sekerlik nie ‘n letterlike “accuracy of statement” nie, en dus praat hy nie oor waarneembare feite nie. Is dit nie Pound wat ook die estetiese as ‘n morele verpligting in literatuur voorstel nie?

Wat bedoel hy? Dat, byvoorbeeld, emosionele akkuraatheid die enigste morele verpligting in literatuur is? Is Pound dus meer geïnteresseerd in die waarheids-eise waaraan kreatiewe skryfwerk moet voldoen, buite die matriks van feite. Maar hoe – en wie – meet hoe naby aan die waarheid selfs jou eie skryfwerk lê. Dis ‘n knoesterige vraag, en ek is heel bereid om dit in my mond rond te rol sonder om te besluit of ek saamstem of nie.

2. Ja, beslis, maar ek voel hierdie is ‘n strikvraag. My eie kennismaking met hierdie vrae in the laat 1980’s, was by wyse van ‘n Kelwyn Sole-essay, “Culture, politics and the black writer” (1983) waarin hy die eise van ‘n outentieke “swart literatuur” deurslagtig ontrafel het, te wete die stelling en eis dat slegs swart skrywers oor swart ervarings kon (en mag) skryf, en dat slegs swart kritici werklik die literatuur kon verstaan en kritiseer. Dit klink vir my na ‘n wysiging van Pound se stelling: ‘n “accuracy of statement” kan nie bestaan nie, anders sou mens die eise van verskillende soort authenticities moes aanvaar. So miskien stem ek nie saam met Pound nie.

 

Saartjie Botha, bekroonde dramaturg

1. Die teks wat deur kreatiewe skryfwerk ontstaan, is ‘n subjektiewe dokument en ‘n enorme verheldering van ‘n afgebakende gebied van die skrywer se keuse. Ek glo die eerste morele verpligting van die skrywer lê nie teenoor die sogenaamde werklikheid nie, maar teenoor die outentiekheid van sy skepping. Daar behoort ‘n onvrede tussen die skrywer en die werklikheid wat hy/sy beskryf, te heers. Skrywers moenie, kan nie, agente vir ‘n saak wees wanneer hulle waarlik kreatief skryf nie. Pound maak ‘n aanvegbare stelling, maar ek stem saam dat die skrywer nie ‘n plig teenoor die samelewing of moraliteit in sy skrywershoedanigheid het nie. Sy/haar burgerlike pligte is egter dieselfde as enigiemand anders s’n.

2. Ek was 20 jaar gelede in standerd 8 en toe wou ek ‘n dokter word, maar ek was bekommerd oor die manier waarop dit my handskrif sou verwring. Ek hoop egter dat my antwoord dieselfde sou wees.

 

(Hierdie artikel het ook in Boeke-Insig in 2008  verskyn, waarvan die aanlyn-argief nie meer bestaan nie. -Red.)

 

 

Onderhoud met Melt Myburgh oor die komende Woordfees

Tuesday, February 1st, 2011

Elwe & Selwe – En kuier kán die spulletjie!

Louis Esterhuizen gesels met Melt Myburgh, Woordfees se Woordkunsprojekbestuurder

Melt Myburgh

Melt Myburgh

Melt Myburgh woon op Stellenbosch en werk by Woordfees as Woordkunsprojekbestuurder. Hy het langs die Oranjerivier op Karos naby Upington grootgeword.

Nadat hy in 1992 ‘n M.A.-graad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, was hy vir 15 jaar lank onderwyser in Afrikaans en Engels in skole regoor die land.

Van sy gedigte is in Nuwe Stemme 2 opgeneem. Hy skryf gereeld vir Rapport se boekeblad.

 

Sy debuurbundel, Oewerbestaan, het verlede jaar by Protea Boekhuis verskyn.

 

Melt, ten eerste veels geluk met ʼn uiters indrukwekkende program. Met die eerste deurkyk wil dit voorkom asof dié program meer omvangryk is en selfs nog meer verskeidenheid bied as wat dit in die verlede was. Is dit so?

Baie dankie, Louis. Die program is inderdaad omvangryker as verlede jaar omdat soveel nuwe uitgewers en belangegroepe met aanbiedings aangesluit het by die Woordfees. Om eerlik te wees, ons wou ʼn kleiner formaat aan feesgangers bied, maar die energie wat die Woordfees oor die afgelope paar jaar laat versnel het, is duidelik nog nie uitgewoed nie.

Hierdie is reeds die tweede Woordfees-program waarby jy betrokke is as Woordkunsprojekbestuurder. In welke mate voldoen vanjaar se fees aan die persoonlike doelwitte wat jy daarvoor in die vooruitsig gestel het?

Woordwerkers: Dorothea van Zyl & Melt Myburgh

Woordwerkers: Dorothea van Zyl & Melt Myburgh

My persoonlike doelwitte stem ooreen met die Woordfees sʼn; juis daarom bly my werk my passie. Ons streef daarna om ʼn platform vir woordkunstenaars te skep sodat die breë publiek kennis kan neem van hul werk en dit geniet. Vir my is dit belangrik dat skrywers en kunstenaars op ʼn fees soos hierdie geakkommodeer word met die respek wat hulle verdien. Daarom lê veral die profielaanbiedings, waar skrywers gehuldig word vir hul bydraes tot ons letterkunde, my na aan die hart.

Melt, ons fokus is uiteraard die teenwoordigheid van digkuns op die program. In dié opsig is daar die spesiale verering van TT Cloete wat vanjaar nie net 86 word nie, maar ons ook met ʼn magtige bundel, Onversadig, verras. Vertel ons ietsie meer oor dié spesifieke item wat op 9 Maart om 19:00 in die Sasol Kunsmuseum plaasvind?

TT Cloete

TT Cloete

Ons is baie gelukkig om vir TT Cloete in hierdie senior lewensjaar van hom vir die eerste keer by die Woordfees te ontvang. By die profielaanbieding lewer Joan Hambidge ʼn oorsig oor Cloete se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Heilna du Plooy praat oor Cloete as mens. André Strijdom het pragtige toonsettings van Cloete se verse gemaak en die sopraan Elizabeth Frandsen sal hiervan sing by die geleentheid. En natuurlik lewer Cloete ʼn wederwoord.

Vir my was dit tot dusver ʼn inspirerende ervaring om met Cloete te skakel om alles gereël te kry.

Nog ʼn besonderse item is die gesprek wat die twee Marais’s, Danie en Loftus, tydens ʼn noenmaal op 8 Maart by De Vette Mossel gaan voer oor die indringende vraag “Hoe vry is die vrye vers?” Wat vermoed jy kan ons van dié gesprek te wagte wees?

Danie en Loftus het ingestem om vanjaar se LitNet-skryfskool, wat moontlik gemaak word deur Sanlam, aan te bied. Tussen die skryfskool-sessies word daar by De Vette Mossel oor middagete gesprek gevoer oor die onderwerp “Hoe vry is die vrye vers?” Ek vermoed dit gaan ʼn baie interessante gesprek wees. Die kwessie van die praatvers, waaroor daar gereeld hier op Versindaba rede gevoer word, sal sekerlik aangeroer word.

Hopelik stik voorstanders van tradisionele vormvaste konstruksies darem nie in die heerlike seekosgeregte wat De Vette Mossel voorsit nie.

Joke van Leewen

Joke van Leewen

ʼn Groot verrassing op die program vanjaar, is die teenwoordigheid van Antwerpen se voormalige stadsdigter, Joke van Leeuwen. Waarom het julle juis op haar besluit en hoe moeilik (of maklik) was die onderhandelinge om haar in te voer Stellenbosch toe vir dié geleentheid?

Die Woordfees is baie bevoorreg om ʼn vennootskap te hê met organisasies wat skrywers uit die Lae Lande sekondeer vir optrede tydens die fees in Stellenbosch. Danksy die ondersteuning van die Nederlandse Taalunie, bemiddel deur die Kaapse Forum, kan ons vir Joke, ʼn uitstekende voordragkunstenaar, akkommodeer in die volgende program-items: Poësie: vyf van die beste op 10 Maart om 19:00 in die Sasol Kunsmuseum, Soete Groete op 11 Maart om 19:00 in die Bilton Wynlandgoed en by die Neerlandistiekdag op 12 Maart vanaf 09:00 tot 14:00 in die Lettere-gebou se Lokaal 693. 

Dorothea van Zyl het al ʼn optrede van Joke in Nederland meegemaak, en was baie beïndruk met haar. Die korrespondensie tussen die Woordfeeskantoor en Joke was tot dusver joviaal: in terme van toeganklikheid en professionaliteit is sy ʼn engel.

Wat ons die afgelope tyd opval, is dat Nederlandse skrywers ons al hoe meer kontak en aandui dat hulle graag by die Woordfees sou wou optree.

Soos altyd bied die Woordfees ook heelwat vir die jonger, meer avontuurlustige poësieliefhebber. Watter items het julle juis met hierdie oogmerk by die program ingesluit?

Dit is altyd heerlik om debuutdigters by die Woordfees te akkommodeer. Vanjaar bring NB-Uitgewers vir Martina Klopper (Nadoodse ondersoek) en Andries Samuel (wanpraktyk). Hulle tree op 8 Maart om 18:00 in die Erfurthuis in gesprek met Joan Hambidge.

Oopmonddigters

Oopmond, onder leiding van Ronel Nel, is ook weer op die program. Dié gewilde aanbieding het verlede jaar sy Woordfeesdebuut gemaak. Ek dink die name wat deelnemende digters toe-eien, sê alles oor die gewildheid van dié tradisionele geveg tussen vers-makers: D.J. Stotterman (Andries Bezuidenhout), Breyten Lykverdag, (Niel van Deventer), Joe Moer! (Jo Prins), Ingrid Dronker (Ronel Nel) en NP van Lykskou (Danie Marais). Hulle is op 10 Maart te sien in die nuwe Dorpstraat Teater net buite Stellenbosch.

Die Adam Tas Studentevereniging sorg vir ʼn heerlike opskop by Aan de Braak Teater op 11 Maart om 20:15 met Drink, dig, kuier! Hulle maak spesifiek voorsiening vir studentedigters. En soos jy weet, Louis, is hier baie talent onder die Maties. En kuier kán die spulletjie!

En natuurlik is daar ook heelwat items vir die meer besadigdes onder ons; soos byvoorbeeld Skemerverse (13 Maart, Botaniese Tuin, 18:00) waarmee die fees tradisioneel afsluit. Watter soortgelyke items is daar om na uit te sien?

Gert Vlok Nel

Gert Vlok Nel

Skemerverse, wat vanjaar spog met digters soos Gert Vlok Nel, Ronel Nel, Andries Bezuidenhout, Robert Bolton, Johan Myburg, Jo Prins en Ronelda Kamfer, verkoop gewoonlik vroeg-vroeg uit.

Ek is baie opgewonde oor Engelse digters wat onder Leon de Kock se vlerk saamtrek. Hulle word ondersteun deur ProQuest, ʼn maatskappy wat digitale inligtingstelsels verskaf aan opvoedkundige instellings. Op 11 Maart om 17:00 lees Finuala Dowling, Sindiwe Magona, Ari Sitas, Marí Peté en Karin Schimke saam met Leon uit hul werk voor in die Boektent. Die Woordfees verwelkom digters en skrywers in tale waarmee Afrikaans ʼn historiese en geografiese verwantskap deel.

Een van die hoogtepunte op die poësieprogram is Poësie: vyf van die beste op 10 Maart in die Sasol Kunsmuseum. Hier word feesgangers getrakteer op verskuns uit die boonste rakke met T.T. Cloete, Petra Müller, Lina Spies, Danie Marais en Joke van Leeuwen.

Op die NB-program kan ons luister na Mari Grobler oor haar nuwe bundel, Toe dit nog vroeg was (8 Maart om 11:00) en Joan Hambidge oor Visums by verstek (10 Maart om 14:00). Tom Gouws en Marthinus Beukes voer op 12 Maart daar in jou en Marlise se Protea-boekwinkel die woord oor Gouws se Ligloop.

Liefhebbers van die klassieke vers-kuns kan op 12 Maart gaan luister na die US Departement Antieke Studie se aanbieding van ʼn dramatiese voorlesing uit die werk van die Romeinse liefdesdigter Catullus. Ek haat en ek het lief beloof om iets besonders te wees.

Ek is baie bly dat ons die bekendstelling van Adinda Vermaak en Pieter Strauss se Rymreise kan akkommodeer. Dié bloemlesing vir laerskoolleerders word deur Nasou Via Afrika bekend gestel tydens ʼn pragtige geleentheid in die US Kunsgalery op Vrydag 11 Maart om 19:00. Alida Bothma se illustrasies, wat in die bundel opgeneem is, word ook daar uitgestal.

Die ATKV se multimedia-tentoonstelling Skilder met woorde II, waarin gedigte met skilderye en ʼn klankbaan vermeng word, is ʼn ervaring wat nie misgeloop moet word nie. Sewe digters se werk is hierin opgeneem en die tentoonstelling is van 4 tot 13 Maart te sien in die Sasol Kunsmuseum.

Melt, persoonlik vind ek die items wat by die kategorie “Woordmusiek” aangetref word, besonder opwindend; veral omrede so baie van hierdie musiekitems in kombinasie met toonsettings van gedigte en/of voorlesing geskied. Watter van hierdie sou jy as moontlike hoogtepunte uitsonder?

Petra Müller

Petra Müller

Om iets uit te sonder is mos soos om ʼn oupa te dwing om tussen sy kleinkinders te kies. Ek dink egter Boegoe vannie liefde, Witlig en Vergesigte Vermeerder in Vers en Fuga is bo-aan my lysie. Die poësie van Hans du Plessis, Petra Müller en Tom Gouws word in dié pragproduksies omtower tot multimedia-ontploffings van woord, beeld en klank.

Ten slotte – ek vermoed dat daar met die saamstel van so ʼn omvattende program altyd items is wat vir watter rede ook al, nie geakkommodeer kan word nie. Items wat jy besonder graag sou wou betrek, maar helaas nie kon nie. Is ek verkeerd hierin of is daar inderdaad items buite rekening gelaat waaroor jy spyt is?

Ja, daar is items wat nie op die fees geakkommodeer kon word nie omdat daar eenvoudig nie plek op ʼn omvattende program is nie. Of soms is kunstenaars nie beskikbaar nie. Ek mis byvoorbeeld die ASV se bydraes vanjaar. Dit breek altyd mens se hart as iemand weggewys moet word. Maar daar is altyd ander geleenthede waar mens weer kan inhaal, soos met Versindaba later vanjaar.

Baie dankie vir hierdie gesprek, Melt. Mag vanjaar se fees vir jou nie net ʼn kroonfees wees nie, maar ook ʼn persoonlike vreugde.

Baie dankie, Louis; ek hoop woordliefhebbers geniet die fees net soveel soos verlede jaar. By wyse van toegif volg Zandra Bezuidenhout se feesgedig, “Elwe & Selwe” hieronder.

 

Elwe & Selwe

 

Op hierdie Woordfees gaan ons delwe

na die vele elwe en die selwe.

Deur woorde, kuns en die musiek

lig ons die sluiers oor geheime,

en reis ons met die oog en oor

langs al die wonderlike weë

wat die sinne en die hart bekoor.

 

Eintlik is ons almal elwe,

elkeen anders, elk uniek,

party met een, party met baie selwe.

Die Woordfees wil die pad plavei

vir jou en my om saam te dans

langs duisend kronkels van genot,

waar elf en self, vermom as kunstenaars,

kom goël en smokkel met die kop.

 

Elke asem, elke elf en self,

kan deelhê aan die spel van twintig-elf.

Die taal se pyl en boog, so word vertel,

is droom en fantasie se metgesel.

Maak dus jou koker vol;

kom jag die storie-bokkies sonder tal.

Ja, ‘n fees wat op die spoor van woorde loop

maak die poorte na ‘n sprokieswêreld oop!

 

(c) Zandra Bezuidenhout

 

 

Desmond Painter. Ek, Danie Marais en Seamus Heaney

Thursday, January 27th, 2011
Seamus Heaney

Seamus Heaney

Ek en Danie Marais het gisteraand in die Sasol Kunsmuseum in Stellenbosch so ‘n bietjie gesels oor wat die digkuns en die sielkunde vir mekaar te sê het (of nie te sê het nie, of nie vir mekaar behoort te sê nie) oor die tema ouers en kinders. Danie het gedigte oor pa’s, ma’s en kinders voorgelees — van sy eie gedigte, maar ook klassieke uit die wêreldliteratuur — en ek het natuurlik woorde soos ‘Freud’, ‘Lacan’ en ‘Oedipus’ heel onverantwoordelik rondgegooi…

Soos dit hoort sal die aand onthou word vir die gedigte, nie vir die sielkunde nie. Onder die gedigte wat voorgelees is tel absolute meesterstukke, soos die vers van Seamus Heaney hier onder. Terloops, ek het Heaney meegemaak (en kortliks ontmoet!) toe hy ‘n paar jaar gelede ‘n eredoktorsgraad van Rhodes Universiteit ontvang het. Hy het ‘n openbare lesing oor die ‘gutteral tongue’ gelewer en in Grahamstad se katedraal ‘by candlelight’ voorgelees uit sy eie werk — regtig ‘n onthoubare geleentheid. Na die tyd by ‘n kaas-en-wyn het Heaney soos die Ierse boy next door gemaklik en belangstellend met die gaste gemingle. Laat ek dit so stel, ek het al Afrikaanse digters met ‘n groter sin van selfbelangrikheid as Heaney ontmoet — nee man, nie jy nie! 

Follower – Seamus Heaney

 

My father worked with a horse-plough,

His shoulders globed like a full sail strung

Between the shafts and the furrow.

The horse strained at his clicking tongue.

 

An expert. He would set the wing

And fit the bright steel-pointed sock.

The sod rolled over without breaking.

At the headrig, with a single pluck

 

Of reins, the sweating team turned round

And back into the land. His eye

Narrowed and angled at the ground,

Mapping the furrow exactly.

 

I stumbled in his hob-nailed wake,

Fell sometimes on the polished sod;

Sometimes he rode me on his back

Dipping and rising to his plod.

 

I wanted to grow up and plough,

To close one eye, stiffen my arm.

All I ever did was follow

In his broad shadow round the farm.

 

I was a nuisance, tripping, falling,

Yapping always. But today

It is my father who keeps stumbling

Behind me, and will not go away.

 

 

 

 

 

Desmond Painter. Liedjies vir Elvis – luister Sondagaand!

Friday, November 19th, 2010

Elvis Presley is een van die groot popkultuur-ikone van die twintigste eeu. Is daar enigiemand anders (behalwe nou Jesus, natuurlik) oor wie daar al soveel liedjies gekomponeer is? Ek glo nie so nie. Daar is letterlik honderde songs vir Elvis, oor Elvis, of songs waarin daar op een of ander wyse na Elvis verwys word. Van country tot death metal, van pop tot avant garde klassiek, van Graceland tot Disgraceland, Elvis word oor musikale grense heen vereer en verag, opgehemel en (soms goedig, soms genadeloos) mee gespot. Ek en Danie Marais het oor die laaste paar weke ‘n hele streepsak vol songs oor Elvis versamel, en Sondagaand van 18h00 tot 20h00 speel ons die beste, mees interessante van hierdie songs op Bush Radio (89.5fm) se The Unhappy Hour — waar Danie natuurlik gereeld as DJ en musikale gids optree. Die van julle wat nie in Kaapstad woon nie kan ook aanlyn by ons aansluit, by www.bushradio.co.za. Komaan, julle is nie te grand vir ‘n bietjie Elvis nie, is julle?!

Desmond Painter. Iets oor Bob Dylan

Wednesday, November 3rd, 2010
Bob Dylan se Street Legal

Bob Dylan se Street Legal

Ek het vanoggend vroeg opgestaan en met ‘n koppie koffie (of twee…) op die rusbank gaan sit om doktorale navorsingsvoorstelle te lees. En twee CD’s geluister: ‘n opname van Stravinsky se religieuse werke deur James O’Donnel (“Symphony of Psalms”, “Three Sacred Choruses”, “Mass” en “Canticum Sacrum”; ek het dit laas Saterdag gekoop maar nog nie behoorlik geluister nie) en (op aanbeveling van Danie Marais), The Duke & The King se Long Live The Duke & The King. Vol fantastiese musiek, beide hierdie albums! The Duke & The King gaan beslis kar toe; dis die soort musiek waarmee mens werk toe en terug wil ry. 

Maar vreemd genoeg is dit heel ander musiek (van ‘n album wat ek, omdat ek dit net op viniel besit, jare laas na geluister het) wat vanoggend pal deur my kop galop: Bob Dylan se lieflike “Is your love in vain?”, van die hopeloos onderskatte Street Legal uit 1978. “Do you love me, or are you just extending goodwill?/ Do you love me half as much as you say, or are you just feeling guilt?” begin dit mos — en Dylan vra daardie vrae met ‘n vernietigende gelatenheid… Ai, die man kan darem sing!

Daar is min mense in rock wat ‘n stem, ‘n blote stem, so verreikend musikaal kan aanwend soos Dylan; en onthou, ‘n stem hoef nie “mooi” te wees om musikaal te wees nie. Celine Dion en Josh Groban se stemme is dalk (dalk…) “mooi”, maar hulle aanwending daarvan as instrumente is nou nie juis iets om oor opgewonde te raak nie. Bob Dylan, daarenteen, het ‘n stem met (musikale) implikasies. Dit laat dinge gebeur: dit gee emosionele lading aan sy lirieke, ja, maar meer belangrik nog, Dylan dra deur middel van prosodie en frasering by tot die musikale struktuur (en soms, op briljante wyse, ook tot die musikale dekonstruksie) van sy liedjies. Gaan luister maar na sy verskillende weergawes van “Tangled Up in Blue”; van “Simple Twist of Fate”, of van “Maggie’s Farm”… Op sy beste is Bob Dylan selfs ‘n beter sanger as wat hy ‘n digter is.  

Street Legal is ‘n fantastiese album. Dit maak sin om dit te sien as deel van ‘n trilogie wat ook Blood on the Tracks (1975) en Desire (1976) insluit. Wat ek veral van hou is die “smudginess” van die klank op Street Legal; die effense olierige, sweterige aard van die opname. Daar’s iets onmiddelliks, iets geïmproviseerd selfs, aan die projek, wat teenstrydige kwaliteite van aarseling en absolute dringendheid aan die musiek verleen. 

Teenoor die fetisj wat rockgroepe toenemend van die ateljee en tegniese effekte gemaak het (veral na The Beatles se Revolver in 1966) spreek Street Legal verder ook van ‘n veel meer argelose houding: ‘n opname is maar net ‘n voorlopige weergawe van musiek wat op die langpad, op daardie nimmereindigende toer, weer en weer herskep word… 

En watter sterk liedjies is daar nie op hierdie album nie! Dit skop sommer af met ‘n klassiek, “Changing of the Guards”, ‘n hermetiese liriek soos min ander: “The palace of mirrors/ Where dog soldiers are reflected/ The endless road and the wailing of chimes/ The empty rooms where her memory is protected/ Where the angel’s voices whisper/ to the souls of previous times.”

En wat van die rooiwarm, donker erotiek van “New Pony”?: “I had a pony her name was Lucifer (how much longer?) / I had a pony, her name was Lucifer (how much, how much longer?)/ She broke her leg and needed shooting/ I swear to God it hurted me more than it ever could have hurted her…”

Dis ‘n album vol liefde (“Baby please stop crying” en “Is your love in vain?”) en politiek (“Senor”), maar die meesterstuk, en ‘n hoogtepunt in Dylan se oeuvre, is sekerlik “Where are you tonight? (Journey through dark heat)”. Dit is die perfekte, desperate afsluiting van ‘n intense, gefolterde trilogie; ‘n eensame kreet wat, interessant genoeg, deur Dylan se gospel-trilogie opgevolg sou word… Ja, dark heat: die perfekte beskrywing van hierdie musiek.

 

Where are you tonight (Journay through dark heat) – Bob Dylan 

There’s a long-distance train rolling through the rain
Tears on the letter I write
There’s a woman I long to touch and I miss her so much
But she’s drifting like a satellite

There’s a neon light ablaze in this green smoky haze
Laughter down on Elizabeth Street
And a lonesome bell tone in that valley of stone
Where she bathed in a stream of pure heat

Her father would emphasize you got to be more than streetwise
But he practiced what he preached from the heart
A full-blooded Cherokee, he predicted to me
The time and the place that the trouble would start

There’s a babe in the arms of a woman in a rage
And a longtime golden-haired stripper onstage
And she winds back the clock and she turns back the page
Of a book that no one can write
Oh, where are you tonight?

The truth was obscure, too profound and too pure
To live it you have to explode
In that last hour of need, we entirely agreed
Sacrifice was the code of the road

I left town at dawn, with Marcel and St. John
Strong men belittled by doubt
I couldn’t tell her what my private thoughts were
But she had some way of finding them out

He took dead-center aim but he missed just the same
She was waiting, putting flowers on the shelf
She could feel my despair as I climbed up her hair
And discovered her invisible self

There’s a lion in the road, there’s a demon escaped
There’s a million dreams gone, there’s a landscape being raped
As her beauty fades and I watch her undrape
I won’t but then again, maybe I might
Oh, if I could just find you tonight

I fought with my twin, that enemy within
’Til both of us fell by the way
Horseplay and disease is killing me by degrees
While the law looks the other way

Your partners in crime hit me up for nickels and dimes
The guy you were lovin’ couldn’t stay clean
It felt outa place, my foot in his face
But he should-a stayed where his money was green

I bit into the root of forbidden fruit
With the juice running down my leg
Then I dealt with your boss, who’d never known about loss
And who always was too proud to beg

There’s a white diamond gloom on the dark side of this room
And a pathway that leads up to the stars
If you don’t believe there’s a price for this sweet paradise
Remind me to show you the scars

There’s a new day at dawn and I’ve finally arrived
If I’m there in the morning, baby, you’ll know I’ve survived
I can’t believe it, I can’t believe I’m alive
But without you it just doesn’t seem right
Oh, where are you tonight?

Desmond Painter. Rock ‘n roll in Stellenbosch

Wednesday, October 13th, 2010
Danie Marais

Danie Marais

Vanoggend word ek deur een van daardie skitterblink Stellenbosch oggende begroet; een van daardies wat jou skoon sleg laat voel oor jy so morrig is in die môre. Glashelder. Glinsterend. ‘n Honderd ander dowwe woorde en afgematte uitdrukkings skiet deur my kop, en ek besef weer waarom ‘n mens nie eintlik oor hierdie dorp gedigte behoort te skryf nie. Dit is te vanselfsprekend mooi; ‘n gedig oor hoe mooi dit is kan amper nie anders as om bloot versiersuiker te wees nie. Dit is makliker, dink ek, en meer wenslik, om ‘n gedig te skryf oor ‘n voorstedelike winkelsentrum se verlate parking lot op ‘n winderige Sondagmiddag in Januarie… Want dan besing jy nie hoe mooi, o hoe mooi dit is nie; jy probeer eerder ‘n engel uit die teer verlos. Maar soos James Bond ons geleer het, ‘n mens kan nooit sê ‘nooit’ nie. Danie Marais het dit reggekry om ‘n gedig oor Stellenbosch te skryf wat regtig tot my spreek — want ek was ook hier as student, het ook weggetrek en later teruggekeer, mixed feelings and all. Die gedig is onlangs in Danie se gedigtekamer op hierdie webblad gepubliseer, maar ek plaas dit hier ook: om Danie se soort rock ‘n roll-idioom in te span, ‘n single soos hierdie verdien die bietjie ekstra airplay!

 

Stellenbosch Revisited – Danie Marais


Stellenbosch is kastig ‘n classic,
maar ek het haar 20 jaar gelede
by die venster uitgesmyt –
“hopeloos oorskat” het ek gesê,

soos On the Road, Parys of die 60’s.
Liewer grinterig lewe en na hartelus vergaan
as ‘n versuikerde pilletjie elke dag
in dié aftree-oord van drome, dankie.

Maar dis 20 jaar later en ek weet nie meer lekker
waaroor ons provinsiale stryd destyds was nie.
Ek wantrou steeds Hollywood, Frankryk en kerkmusiek –
alles wat te geslepe, mooi of monumentaal is,

maar o, Stellenbosch, dis 20 subversiewe jare later en ek is besig
om weer ‘n swak te ontwikkel vir jou
bleddie beautiful Bolandse lentes jou teatrale
sonsondergange, jou selfingenome berge.

Jy lyk wragtig nie ‘n dag ouer nie, inteendeel,
jy’t laat werk aan jou gesig jou cappuccino’s
stoom onverstoord geborge
in die blaaie van ‘n Lonely Planet-gids.

Stellenbosch, bokkie, I’m not okay
and you’re not okay
maar dis oukei –
wat jy sien, is wat jy kry

en ek kyk nou sonder verwagtings,
sonder wanhoop of verweer na jou lanings,
jou akkers, jou wingerde, jou blakende, weselose studente
al jou edel sentimente.

Jy was eintlik onskuldig,
intellektueel misbruik soos meeste simbole
‘n magtige lugspieëling, erfsonde
van ‘n hulpelose rykmanskind.

Stellenbosch, on second thoughts,
jy is ‘n verkragte classic –
‘n bergie met ‘n gewel uit 1840
vir ‘n hoed, ‘n Picasso met ore
vir oë en monde vir ore; ‘n meer tragiese
verstrengeling van lig en donker, ‘n beter balans
tussen waarheid en digting
sal jy kwalik kry, maar ek bly

die period piece, ek is verby

nou eers kan ek jou argitektuur
in die skemering bewonder, nou eers
gaan ek vredig lê soos stof
om die fyngetrekte Kaaps-Hollandse lyne

van jou brose, jou wrede ou, barbaarse beskawing.

  •