Posts Tagged ‘Daniel Hugo gedig NPvWyk Louw’

N.P. van Wyk Louw 50. Daniel Hugo

Thursday, July 2nd, 2020

 

 

dat pyn bestaan, is nodig

 

sorgelose liefde lei maklik

tot onversorgde verse: die digter

gooi woorde rond, dekadent

soos ’n ryke sy geld strooi

 

maar sodra die liefde instort

begin die digter op sy woorde let

weet hy verlies is ’n belegging

tel hy sy pyn sent vir sent

 

© Daniel Hugo (Die twaalde letter, 2002)

 

  •