(Ver)taalverhaal met elke volsin wat ek vertaal herhaal ek van oomblik tot oomblik die geskiedenis van driehonderd jaar (dié opvarende leer ken kooi en kombuis ontmoet die draers van kierie en karos eet hom bekoms aan bobotie met blatjang) in my eggo Hollander, slaaf en Khoi my vingers trommel ’n Afrika-kadans:…
Tag: Daniel Hugo gedig
Daniel Hugo. Verjaardagvers
Verjaardagvers 22 Desember 2024 vir wilde perde smee hy stange hy verlos steekse verse met ystertange streng metrum laat galop sy drange onbevange rym dit met: Johann De Lange (uit: Kategismus, Turksvy, 2025)
Daniel Hugo. Asielsoekers
Daniel Hugo Asielsoekers Vir Gus Ferguson ek sit in die omheinde tuin waar ek teen die wêreld kan skuil die tuinman sprinkel sy korrels gif terwyl ’n naakslak naderseil sy spoor op die gruis is glinsterskrif soveel weerloosheid laat my huil © Daniel Hugo, 2024
Daniel Hugo. Vir die radioloog
Vir die radioloog van al die ambagte wat agternaam geword het – smid, skoenmaker, ensovoort – is daar ook skrywer: dus, dr. Scribante, hou jou by jou lees waar jy glo ook hoort geleerde kollega, het jy ooit iets van my gelees buiten die betaalbewys? jou hele oeuvre het ek reeds…
Daniel Hugo. Apteek
Apteek ten slotte is dr. Dood die groot geneser – met sý voorskrif word die dosis terminaal verhoog tot dusver was sy handskrif – gelukkig maar – vir die apteker ’n giftige hiëroglief maar op ’n kwade dag gaan hy dit ontsyfer: sterwensessens swaar sal ek daaraan sluk @Daniel Hugo,…
Daniel Hugo. Knapsekêrel
Knapsekêrel vir Pieter Fourie in die telegraafkantoor het jy as klerk veral dit geleer: om woorde te tel en hul waarde te weeg want dit kos ’n prys om bondig te berig oor die lewe: sy vreugdes en die durende ellende jy het toe reeds geweet waar om die woord stop…
Daniel Hugo. Bekverby
Bekverby talle blapse het ek in my lewe begaan in die geselskap van ingeligte, gevatte meesters van die vak, maar die meeste is nou reeds dood, troos ek myself al te graag tot onverhoeds dié dwangidee my tref: sekerlik gaan hulle oor my skinder in die ongenadige hiernamaals – die gehoor…
Daniel Hugo. Doggerel
Doggerel Emily Dickinson, ons hond (soos die digters van Facebook-land) is literêr maar ongeletter sy knor bang vir elke leiband en kef oor daardie slinkse setter wat weet haar drukwerk ruik na stront © Daniel Hugo, 2021