Daniel Hugo. Insomniak
Thursday, March 6th, 2014Insomniak
die huis is ’n duikbol wat skemer-
aand stadig wegsink in die donker
die tuin wuiwende wiere in die stroom
al instrument aan boord ’n horlosie:
die dieptemeter waarna jy slaaploos staar
terwyl motvinne teen die ruite tik
jou sinne begin jou parte speel:
skaduwees van diepseegedrogte
val deur die bedompige vertrek
middernag bereik jy die dieptepunt
dan begin die terugtog daglig toe
lang ure en so kloustrofobies ver
jy het genoeg tyd om ’n dieper wending
te bedink: die aarde is ’n duikbol
© Daniel Hugo / 2014