Posts Tagged ‘Daniel Hugo haikoe’

Daniel Hugo. Ná die droogte

Thursday, August 5th, 2021

 

Ná die droogte

 

I

jou klavier bereik

ná jare die Groot Karoo:

’n wolk klam van klank

 

II

my ore gespits

vir jou vingers oor klawers:

druppels en blare

 

© Daniel Hugo, 2021