Posts Tagged ‘Daniel Hugo vertaling’

e.e. cummings. Vertaling in Afrikaans

Monday, July 27th, 2020

 

e.e. cummings. Vertaling uit Engels in Afrikaans. Vert. deur Daniel Hugo

 

 

sannie en siena en soena en sus

gaan op ’n dag strand toe(om uit te rus)

 

en sannie ontdek daar ’n skulp wat sing

só soet sy vergeet haar kommernis,en

 

siena ontmoet ’n gestrande ster

met strale wat lui soos vyf vingers sprei

 

en soena word gejaag deur ’n skrikbare ding

wat borrels blaas en vinnig sywaarts gly:en

 

sus kom later tuis met ’n gladde steen

klein soos die aarde en groot soos alleen

 

want wat ook al ons verloor(’n ek en ’n jy)

onsself is dit wat ons in die see sal kry

 

 

 

maggie and milly and molly and may

went down to the beach(to play one day)

 

and maggie discovered a shell that sang

so sweetly she couldn’t remember her troubles,and

 

milly befriended a stranded star

whose rays five languid fingers were;

 

and molly was chased by a horrible thing

which raced sideways while blowing bubbeles:and

 

may came home with a smooth round stone

as small as a world and large as alone.

 

For whatever we lose(like a you or me)

it’s always ourselves we find in the sea

 

(The Complete Poems: 1904-1962 by E. E. Cummings, Edited by George J. Firmage. Reprinted by permission of Liveright Publishing Corporation.)

 

 

Onderhoud met Daniel Hugo (Vertaling van ‘Het zingen van de wereld’ deur Marc Tritsmans)

Wednesday, April 15th, 2020

 

 

 

Die onderstaande onderhoud het op 4 April op die webblad van die Poëziecentrum in Gent verskyn en ons plaas dit met hulle vergunning.

 

Daniel Hugo over zijn Afrikaanse vertaling van ‘Het zingen van de wereld’ van Marc Tritsmans

Daniel Hugo is een Zuid-Afrikaanse dichter, vertaler en is ook actief in de media-sector. Hij is een ware pleitbezorger van poëzie in het algemeen en van de Nederlandstalige poëzie in Zuid-Afrika in het bijzonder. Hij vertaalde onder meer poëzie van Herman de Coninck, Gerrit Komrij en Rutger Kopland naar het Afrikaans. Onlangs verscheen zijn Afrikaanse vertaling van Het zingen van de wereld (2017) van Marc Tritsmans (Die singende wêreld , Naledi, 2020). Reden genoeg voor een gesprek met Daniel Hugo over vertalen, dichten en zijn bewondering voor het werk van Marc Tritsmans.

P-C: Onlangs verscheen ‘Die singende wereld’, de vertaling in Afrikaans van de bundel ‘Het zingen van de wereld’ van Mark Tritsmans. Vanwaar jouw keuze om gedichten van Mark Tritsmans en specifiek van deze bundel te vertalen?

DH:Terwyl ek in Oktober/November 2018 vertaler op kampus aan die Universiteit Gent was, het Yves T’Sjoen ’n dra-sak digbundels vir my gegee om my op die hoogte te bring van die resente Nederlandstalige poësie. Dit is hoe ek die digkuns van Marc Tritsmans ontdek het.

Ek het eers ‘n bloemlesing uit Tritsmans se hele oeuvre oorweeg, maar besluit om sy laaste bundel integraal te vertaal – die eerste keer dat ek so iets doen – omdat die gedigte so naatloos by mekaar aansluit en so ‘n suiwer vergestalting is van sy wereldbeskouiing. Die bundel vorm ’n hegte eenheid, en om ’n enkele gedig weg te laat sou ’n skade en skande wees.

Dit is vir my verbasend en onverklaarbaar dat Tritsmans so weinig aandag kry in die Lae Lande. Sy ekologiese belangstelling maak hom juis ’n aktuele digter. Hy gee in sy gedigte stem aan die aarde met al sy bedreigde spesies. Hy doen dit in melancholies-liriese gedigte, waarvan die vaste versvorm as teenvoeter moet dien vir ’n wêreld wat besig is om vernietig te word deur die inhalige, luidrugtige, besoedelende, gewetenlose mensdom.

P-C: Jij hebt nog tal van Vlaamse en Nederlandse dichters vertaald naar het Afrikaans. Hoe maak je je keuze wie je gaat vertalen?

DH: Meestal kry ek ’n opdrag van die uitgewer om spesifieke digters te vertaal: Herman de Coninck, Gerrit Komrij,  Miriam Van hee, Rutger Kopland, Alfred Schaffer, Leonard Nolens, Charlotte van den Broeck. In die laaste tyd kon ek gelukkig uitgewers oorreed om ook digters van my eie keuse te vertaal: Marc Tritsmans, Benno Barnard en Eddy van Vliet. Die “opdrag-digters” het ek natuurlik ook met plesier vertaal!

P-C: Is er in Zuid-Afrika veel interesse voor Nederlandstalige dichters?

DH: Dit is moeilik om te bepaal. Die Nederlandse letterkunde (as onderdeel van Afrikaans) is nog steeds ’n vak by sommige universiteite. Die studentegetalle het die afgelope tyd natuurlik geweldig gedaal.

Nederlandse boeke is byna onverkrygbaar in Suid-Afrikaanse boekwinkels. Universiteitsbiblioteke en die Nederlandse biblioteek by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, Kaapstad, het wel goeie versamelings, maar die toegang daartoe is uiteraard beperk.

Nederlandstalige digters besoek sedert 1994 gereeld die talle kunstefeeste wat jaarliks in Suid-Afrika plaasvind: Woordfees (Stellenbosch), Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (Oudtshoorn), Tuin van digters (Wellington), Aardklop (Potchefstroom), ensovoorts. Maar sulke optredes word nie gerugsteun deur die aanbod van hul boeke nie, met die uitsondering dan van hul vertalings in Afrikaans.

Benewens die digters wat ek vertaal het, is bloemlesings van die volgende digters ook beskikbaar in Afrikaans: Luuk Gruwez (vertaal deur Hennie van Coller), Willem van Toorn (vert. Heilna du Plooy) en Anna Enquist (vert. Zandra Bezuidenhout).

Ek kry wel goeie terugvoering wanneer ek my vertalings op die poësieprogram, Vers & Klank , van die SAUK/SABC se landswye Afrikaanse radiostasie voorlees. Of dit tot boekverkope lei, weet ek nie. [nvdr: in de aflevering van Vers & Klank van 24 maart jl. sprak Daniel Hugo over zijn vertaling. Je kan die aflevering volledige nabeluisteren).

P-C: Je bent zelf ook dichter. Ervaar je een invloed van die twee rollen (dichter én vertaler) op elkaar? Zou de dichter Daniel Hugo een andere dichter zijn, mocht hij geen vertaler zijn?

DH: Die digter wat my die meeste beïnvloed het, is waarskynlik Herman de Coninck. Ek voel veral aangetrokke tot sy vernuftige woordspel en soepel hantering van ’n vaste versvorm soos die sonnet. Sy vermoë om intieme ervarings ’n objektiewe taalgestalte te gee is indrukwekkend. Met Marc Tritsmans voel ek ‘n geesgenootskap, hoewel hy diepsinniger as ek is.

Ek dink nie my eie aard as digter is deur hierdie digters verander nie, wel het hulle my groter selfvertroue gegee op die pad wat ek lankal reeds ingeslaan het.

P-C: Welke dichters staan er nog op jouw verlanglijstje om te vertalen?

DH: Die grootste uitdaging van almal sou wees om Lucebert suiwer Afrikaans te laat praat.

P-C: Bedankt,Daniel, voor dit gesprek

Wil je nog meer weten Het zingen van de wereld van Marc Tritsmans? Op Voertaal.nu vind je een interessant interview met Tritsmans door Willem de Vries.

Op zoek naar meer informatie over Zuid-Afrikaanse poëzie? Bekijk dan zeker Ek wou nog sê , een poëzieprogramma met de Daniel Hugo, waarin hij praat met dichters, maar ook bijvoorbeeld met de organisator van het AVBOB Poëzieproject .

Poëziecentrum huisvest een unieke collectie Zuid-Afrikaanse poëzie, de Collectie Ernst van Heerden . De volledige collectie omvat meer dan 1500 dichtbundels, een deel ervan is al ontsloten via onze catalogus .
De Collectie Ernst van Heerden kwam tot stand met behulp van de PUK-Kanselierstrust (Noordwes-Universiteit), ATKV Uitgeverij Protea  (in het bijzonder dhr. Nicol Stassen), NB-uitgevers  (in het bijzonder dhr. Kerneels Breytenbach) en Naledi Uitgewers .

 

Hierdie onderhoud is ook beskikbaar by:

https://poeziecentraal.be/nieuws/144/daniel-hugo-over-zijn-afrikaanse-vertaling-van-het-zingen-van-de-wereld-van-marc-tritsmans

 

Poëziecentrum vzw

Vrijdagmarkt 36

B-9000 Gent

 

T 09/225.22.25

BTW-nummer BE 0420 692 760

RPR Gent 0420 692 760

 

Meer weten? Bezoek onze website

Wat zit er in onze collectie? Neem een kijkje in onze online-catalogus

Wil je op de hoogte blijven van onze werking? Schrijf je dan in  op onze maandelijkse nieuwsbrief

Het Poëziecentrum heeft ook een eigen Facebook-pagina

 

Benno Barnard. Vertaling in Afrikaans

Saturday, March 21st, 2020

Benno Barnard: Vertaling uit Nederlands in Afrikaans. Vert. deur Daniel Hugo

 

Telefoongesprek met ’n vriend wat k het

In memoriam Kamiel Vanhole

 

Met die skeikunde tot in sy tone

is daar nog vyf-en-vyftig kilogram vriend

wat iets hoes oor die boek wat hy lees –

 

plus die geringe gewig van sy siel

(dit sit in die pineaalklier, het Descartes gedink).

Die telefoon hou op met asemhaal,

 

jy, rymelaar, klou aan daardie been

soos ’n hond.  Sy lyf is so maer van rook;

die verpleegsters – o, harde mensliewendheid

 

van hul hande – is sendingsusters in ’n kolonie

van die Katolieke koning Kanker; die dokter

is die distrikshoof: hulle vermoor uiters menslik,

 

druppel vir druppel, lieftallige tewe, fatsoenlike skurk.

Die mens?  Duisternis wat aan die brand geslaan het.

Die mens? Tussen twee stiltes ’n geroesemoes.

 

Die dood is ’n lomp oplossing vir die raaisel van die tyd.

Die dood is ’n linkse remedie. Skel gerus

(jy sit jou lewe lank op die os wat jy soek, sê Zen)

 

tot by die hospitaal, neurie die onsamehangende

swanesang van die postmodernisme; roep

die veearts as jy dit nie meer kan verduur nie.

 

(Uit: Krijg nou de lyriek, Amsterdam/Antwerpen: Uitgeverij Atlas, 2011)

 

 

  •