Posts Tagged ‘Dansende Digtersfees 2014’

Persvrystelling. Internasionale meesters van poësie kom weer byeen by Spier

Tuesday, February 25th, 2014

Die bekende Suid-Afrikaanse skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach roep digters van regoor die wêreld byeen vir die tweede seisoen van Spier se dansende digtersfees in oorleg met die Pirogue Kollektief. Hierdie fees sal vanjaar op 9 & 10 Mei plaasvind op die Spier Wynlandgoed buite Stellenbosch. “Die vennootskap tussen Spier en Pirogue skep ‘n platform vir ware en tersaaklike uitnemendheid,” sê die uitvoerende hoof van Spier, Andrew Milne, ” Hierdie is die tweede vergestalting van Spier se dansende digtersfees, en ons is trots daarop om weer ware meesterdigters te kan huldig, terwyl hulle beide hul eie, en,ons kunsgemeenskappe voed.”

As kurator van die poësiefees het Breytenbach op ‘n keur van  vooraanstaande wêreld stemme besluit,  wie se lewens en werk vreeslose en vurige aanwesigheid verpersoonlik. Die digters kom uit uiteenlopende samelewings soos Marokko, Tsjad en China; onder andere Homero Aridjis – die Mexikaanse digter, romanskrywer, omgewings -aktivis en diplomaat , Chinese skrywer Duo Duo, een van die gevierde Misty digters – en die jong Russiese Amerikaanse ster Ilya Kaminsky . Plaaslike digters soos Ingrid de Kok, Henning Pieterse en Mxolisi Nyezwa  vorm deel van die uitgelese groep.

Program

Elf digters, elkeen van internasionale aansien, gaan die eerste deel van die week saam op reis deur “landskappe van klip en wind en lig en vertaling”, sê Breytenbach. “Die onderlinge vertroue wat spruit uit die uitwisseling van gedeelde ervarings, sal ‘n hoogtepunt bereik met die aanbied van tekste in openare voorlesings op Vrydag 9 en Saterdag 10 Mei.” Die twee‐dag program sal bestaan uit openbare gesprekke gedurende die dag; en voorlesings met musiek saans. Die musikale verwerking sal deur komponis en musikant Neo Muyanga behartig word.

‘n Beperkte aantal kaartjies word vir alle vertonings uitgereik. Die middag gesprekke sal gratis wees en kaartjies vir aandvertonings R190 per person (verversings en wyn ingesluit) Die program sal gedurende  April aangekondig word, waarna kaartjies beskikbaar sal wees.

Belangstellendes kan reeds voorkeurbesprekings maak by  Spier. Skakel 021 809 1100 gedurende kantoor-ure , Maandag tot Vrydag, of e-pos reservations@spier.co.za/. Vir meer inligting besoek www.spierpoetryfestival.co.za

 

‘N SPIER EN PIROGUE KOLLEKTIEF VENNOOTSKAP

As ‘n gesamentlike projek tussen Spier en die Pirogue Kollektief, is die Spier dansende digtersfees die tweede beliggaming van ‘n vennootskap met die bedoeling om verder vorentoe soortgelyke ruimtes van skepping en verbeelding te bevorder en te fasiliteer, hetsy literêr, maatskaplik, of polities van aard.

BEVESTIGE DEELNEMERS

Internasionale digters :

Homero Aridjis: Een van Latyns-Amerika se voorste literêre figure , asook die voormalige president van die Internasionale PEN en nou die president emeritus. Hierdie Meksikaanse digter en romanskrywer is ook ‘n passievolle omgewings-aktivis wat sy land as ambassadeur verteenwoordig het in Switserland en Nederland.

Ilya Kaminsky: ‘n Oekraïense – Amerikaanse digter, literator en vertaler wat op die ouderdom van vier sy gehoor verloor het. Kaminsky doseer Engels en Letterkunde aan die universiteit van San Diego.

Abdellatif Laâbi: Een van die mees produktiewe en krities bekroonde kontemporêre Noord-Afrikaanse skrywers. Hierdie Marokkaanse digter, dramaturg en essayis is met die Prix Goncourt vir Poësie vir sy versamelde werk in 2009 vereer.

Duo Duo: As kontemporêre Chinese digter is Duo Duo een van die bekendste van die gevierde “Misty” digters wat ” duistere poësie ” beoefen het in reaksie op die Kulturele Revolusie van die 1970’s. Na ‘n verblyf in die buiteland sedert 1989, het hy in 2004 terug gekeer na China waar hy tans as professor by die Universiteit Hainan  doseer.

Hans van den Waarsenburg: ‘n politieke digter asook die stigter van Die Maasricht International Poetry Nights en ‘n skrywer by Azul Press.

Nimrod: Gebore in 1959 in Chad. Die digter, romanskrywer en essayis Nimrod is tans in Frankryk woonagtig waar hy filosofie aan die Universiteit van Picardie Jules Verne doseer.

Suid-Afrikaanse digters :

Ingrid de Kok: Met haar poësie wat tans in meer as 30 universiteite beide in Suid-Afrika en in die buiteland bestudeer word, het de Kok al vyf digbundels uitgegee . Sy is in 2007 as Fellow of the University of Cape Town aangestel.

Mxolisi Nyezwa: Die stigter en redakteur van Kotaz , die Engels / Xhosa kulturele tydskrif. Nyezwa doseer by Rhodes Universiteit .

Henning Pieterse: Pieterse se debuut digbundel het twee van die mees gesogte Suid-Afrikaanse literêre pryse ingepalm – die Eugène Marais en die Ingrid Jonker-prys . Pieterse is ook ‘n professor en hoof van die Skool vir Kreatiewe Skryfkunde in die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria.

Breyten Breytenbach: Fees kurator Breyten Breytenbach is ‘n aktivis , digter, romanskrywer en kunstenaar, en een van Suid-Afrika se mees bekende internasionale literêre figure ..

Die Pirogue Kollektief is ‘n vrywillige genootskap van individue byeengeroep deur Breyten Breytenbach, as uitvloeisel van ‘n behoefte gevoel deur die Gorée‐Instituut in Senegal om sy kultureel‐kreatiewe projekte en programme vorm te gee en te bevorder. Pirogue inisieer karavane na ander plekke en oor grense heen, om die etiese verbeelding van kreatiewe burgerskap aan temoedig in viering en vooruithelping van die Diverse.

Spier ondersteun kunsprojekte wat ons Suid‐Afrikaanse erfenis erkenning gee, ons nalatenskap beskerm en bydra tot ons gemeenskaplike toekoms. Die Spier dansende digtersfees is ‘n vennootskap tussen Spier en die Pirogue Kollektief, en vorm deel van Spier se benadering om vooruitstaande kunstenare en denkers te huisves en sodoende debat, diaoloog en skeppende denke te bevorder.  

Vir jou leesplesier volg die gedig wat gekies is as die rigtinggewende teks vir vanjaar se fees.

 

***

DIE DANS VAN DIE REËN

O die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies.
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy.
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.
Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies:
“Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”
En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!

© Eugène N. Marais

 


  •