Die veelduidige betekenis van die palimpses het eers tot my deurgedring nadat ek geruime tyd al aan die manuskrip van Palimpses (1987) gewerk het. Veral gesprekke met dr. Francis Galloway, my destydse kollega by die RGN, en die kunstenaar John Clarke, aan wie Francis my in die helfte van 1987 voorgestel het, het my nuwe…