Posts Tagged ‘David Briggs’

Desmond Painter. David Briggs: orrel en improvisasie

Tuesday, March 8th, 2011

David Briggs

Op sy persoonlike webblad word David Briggs (geb. 1962) bekendgestel as “Organ Recitalist, Composer, Conductor and Improviser”. Hy is uitvoerende kunstenaar sowel as komponis, en sy gespierde, intense orrelspel en -komposisies laat ‘n mens soms wonder of hy as ‘n soort medium optree vir ‘n amalgamasie van Miles Davis, Jimi Hendrix, Fransz Liszt en JS Bach… 

En in ‘n sekere sin is dit ook so. Briggs skryf wel meestal liturgiese musiek (“kerkmusiek”), maar hy vind kreatiewe aansluiting en inspirasie by jazz- en rockmusikante soos Miles Davis en Jimi Hendrix — veral wat betref hulle gebruik van improvisasie, daardie intuïtiewe ontginning van die musikale moment wat goeie instrumentele “solo’s” in jazz en rock kenmerk.

Hiermee, eerder as dat dit ‘n afwyking van erkende klassieke musiekpraktyk is, herverbind Briggs hom aan ‘n lang tradisie van improvisasie in die klassieke musiek; ‘n kuns wat in die tye van Bach, Beethoven en Liszt (almal van hulle “performer-composers”) tweede natuur was, maar wat in die hedendaagse konsertkultuur en skeiding van die funksies “komponis” en “uitvoerende kunstenaar” grootliks in die slag gebly het. 

Briggs is een van die interessantste, opwindendste hedendaagse komponiste wat ek die afgelope jaar ontdek het, en die opname van sy Messe Pour Notre-Dame, wat in 2010 deur Hyperion uitgereik is, was beslis in my Top 10 klassieke albums van die jaar. In hierdie opname word Briggs se toonsettings van dele van die Mis afgewissel met sy werklik verruklike improvisasies. So skryf Presto Classical daaroor: “This disc includes Briggs’ Messe Pour Notre Dame, and features four movements of David Briggs’ own improvisations — the Introit, Offertorium, Élévation and Sortie. Very much aligned with French liturgical practice, this is Briggs captured in the heat of the improvised, unedited moment. These improvisations display a masterful range of mood and colour. There is delicacy, reflection and repose, alongside mighty bombast and truly gothic ‘shock and awe’. Listening to them is an uniquely thrilling musical experience.”

Die orrel word natuurlik deur Briggs self gespeel, terwyl Cambridge se uitstekende Trinity College Choir die sang behartig en Stephen Layton optree as dirigent. As jy van koor- en orrelmusiek hou, moenie dat hierdie een by jou verbygaan nie. En as Jimi Hendix en Miles Davis jou ding is, kom luister ten minste met ‘n oop gemoed!

Desmond Painter. Nog ‘n David Briggs gedig

Tuesday, September 14th, 2010

Ek het gister hier ‘n gedig van die jong Britse digter David Briggs geplaas. Hier is nog een van sy gedigte; ek vind dit nogal treffend:    

Closed Systems

David Briggs

David Briggs

The night wears stars; he wears his shirt
unbuttoned. Badgers amble across floodplains

towards him. Now, a thin tranche of moon,
partial and blotted: a strange time

for divining. He is transplanting water —
stream to river to estuary —

in a teacup and an unbroken line
from the east to the west coast; but,

stooping to the river he sometimes stops,
cognisant, perhaps, of madness in his method,

or his father’s ghost swimming the cold water.
When thunder rends sky he recalls

the rising water-table of his childhood;
raindrops collecting in teacups placed

for that purpose on the back doorstep;
always something upsetting his fieldwork.

Desmond Painter. Een jaar later!

Monday, September 13th, 2010

Ek besef vanoggend dat ek my eerste bloginskrywing op hierdie webblad presies ‘n jaar gelede gemaak het. Wel, gelukkige verjaardag aan my blog! Dit was en bly werklik ‘n plesier om hier te skryf. Nie net het ek heelwat nuwe vriende gemaak nie (en vyande?), maar ook ‘n ruimte gevind waarin ek my passies, obsessies en irritasies skaamteloos kan paradeer!

Die lewendige, dinamiese aard van hierdie webblad is steeds vir my ‘n plesier. Wat ek die meeste van hou, is dat so baie mense soveel energie, woorde en idees hier kom bestee, sonder om iets materieel in ruil te verwag, sonder dat dit eerstens gaan oor betaling en wins. Die rekenmeester hou nie wag oor ons aktiwiteite hier nie, niemand tel die woorde en die ure nie. As ons hier te make het met ‘n ekononie, dan is dit ‘n ekonomie van oorvloed, nie van skaarste nie. Versindaba bly ‘n ruimte waar mense besoek aflê en deelneem aan gesprekke suiwer omdat hulle belang het by die onderwerp. Mag dit so bly, en mag die webmeesters my nog ‘n jaar lank verduur as blogger!

Siende dat ek nou vandag terugkyk wil ek sommer van die geleentheid gebruik maak om nog ‘n jong Britse digter hier bekend te stel. Dit is David Briggs, en die gedig wat ek plaas is, heel gepas, sy ‘Self-portrait in a rear-view mirror’. Briggs is in 1972 gebore en woon tans in Bristol. Sy debuutbundel, The Method Man, is in 2010 gepubliseer. Hy is ook ‘n musikant en het in 1999 die album Landscape and Liability uitgereik. Kom ons stel hom aan die woord:

 

Self-portrait in a Rear-view Mirror – David Briggs

The road home cuts through a floodplain
pocked with pylons, like those we climbed
when children fleeing the suburb
in expedition to the river.

Myth warned of leeches
snicking piss-warm shallows;
of the kid who peeled off wet trunks
and found one bristling on his bell-end;

of pike teeth snagging foreskins
like barbed-wire. We waded in
timidly, until a silt-ooze
between toes made us hazard

our bodies against currents.
A dense silage-musk seemed to bend
willow boughs low over cold water —
hopeful parabolas we dived

under skies too pure to conceive
drowning, too lucid to believe
the cautionary tales beloved
of adults. Distant tractor engines.

Lowing of milk-glutted cattle.
Marsh bird cackle. Sudden wing-flap
from green rushes. Barely one mile
from the industrial estate,

the motorway, the power plant
(though too far by half
we found in an emergency).
Now, the river is widening

as I drive into the city,
and the pylons retreat behind
a furrowed brow in the rear-view mirror:
the fresh-ploughed thoughts of the child.

  •