Jy hou alles Hou my hand sodat ek die warm bruin grond kan voel waaruit die grasieuse grasse groei, die byt van die maroela, die geknarste druif se smaak, die sensuele skugterheid van die perske, die grenadella se suggestie. Hou my hand sodat ek kan hoor hoe die wind rusplek soek in die geelhout…