Posts Tagged ‘De Waal Venter vertaling’

Tomas Tranströmer. Vertaling in Afrikaans

Saturday, May 29th, 2021

 

 

 

Väinämöinen

 

 

Tomas Tranströmer. Vertaling van Sweeds in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.

 

Sång

 Tomas Tranströmer

 

Den vita skaran växte: måsar trutar

i dräkt av segelduk från döda skepp

men fläckad av förbjudna kusters rökar.

 

Lied

 

Die wit skare groei aan: seemeeue

geklee in die seildoek van dooie skepe

maar besoedel deur die rook van verbode kuste.

 

Skel gille rondom die afval van ’n skuit!

Dig op mekaar vorm hulle ’n vlagsein

wat sê: “Hier is buit”.

 

En die meeue stuur oor die watervlaktes

met bloutes wat weggly in skuim.

Dwars oor trek ’n fosforpad son toe.

 

Maar in sy verlede het Väinämöinen gereis

oor die wye glinsterende see van vergane lig.

Hy ry. Die perd se hoewe bly droog.

 

En agter hom: die woud groen van sy sang.

Met ’n eik in sy duisendjarige sprong.

Die groot meul aangedryf deur voëlgesang.

 

En elke boom gevang in sy eie geruis.

Met groot dennekeëls glimmend in die maanlig

terwyl die den ver buite verlig raak soos ’n vuurtoring.

 

(Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter)

 

 

AANTEKENING:

Hierdie deel van die “Lied” is ’n fragment van ’n lang gedig wat Tomas Tranströmer geskryf het. Dit verskyn nie in my bundel vertaalde gedigte “Alles keer om” nie.

Hierdie gedig van Tranströmer is geïnspireer deur die Finse epiese gedig, die “Kalevala”. Tranströmer het die volgende kommentaar gelewer aan die einde van sy gedig:

KOMMENTAR:

Det mystika inslaget kommer från Kalevalas sjätte sång.

(Die mistieke inslag kom uit die sesde Kalevalas lied).

Die Kalevala is ’n negentiende eeuse epiese gedig wat die navoser Elias Lönnrot saamgestel het uit Kareliaanse en Finse orale volkslegendes en mitologie. Dit vertel die verhaal van die Skepping van die Aarde. Dit beskryf die reise en stryd van verskeie volkere uit die verre verlede, asook die diefstal van die mitiese masjien, Sampo, wat veronderstel was om welvaart te kon skep.

Baie dele van die verhale bevat ’n karakter wat soek na lirieke (liedere en towerspreuke) om een of ander vaardigheid te bekom, soos om ’n boot te bou, of om met ysterware te werk. Die verhale bevat beskrywings van towerpraktyke en sang. Ander weer handel oor hartstog, romanse, ontvoering en verleiding. Die protagoniste in die verhale moet dikwels take verrig wat onredelik en feitlik onmoontlik is en wat hulle dikwels nie regkry nie – dit lei dan tot tragedie en vernedering.

Väinämöinen is ‘n halfgod, held en die sentrale karakter in die Finse folklore en die hoofkarakter in die nasionale epos Kalevala deur Elias Lönnrot. Väinämöinen word beskryf as ‘n ou en wyse man, en hy besit ‘n kragtige, magiese sangstem.

Bron: Wikipedia

 

Coral Bracho. Vertaling in Afrikaans

Monday, January 11th, 2021

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (77)

 

Coral Bracho vertaling van Spaans in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.

 

Uit hierdie lig

  

Uit hierdie insnydende lig, soos ’n fyn

vlam,

die ewigheid. Uit hierdie aandagtige tuin,

uit hierdie skadu, die tyd,

en hy stel sy drumpel oop,

daar binne word dinge

gemagnetiseer.

Hulle soek dieper daarin af,

en gee hulle gestalte, bring hulle só na vore:

helder, volrond,

oorvloedig.

 

Vars, gevul met vreugdigheid,

met feestelike prag

van sterredieptes.

Solied en bepaald

bring hulle ruimte

en hulle oomblik, hulle bepaalde tuin

met hulle gevoelens. Soos presies geplaaste klippe

in ’n tuin. Soos verval afgeteken

op ’n tempel.

 

’n Deuropening, ’n sitplek,

die see.

Die diep wit

van die muur se veroudering. Die lyntjies

na die middelpunt.

 

Laat die tamarindeboom gloei

deur die digte nag.

Uit die beker val

die songeluide van water.

En die warm vastigheid van sy hande; laat die nag digter word,

die ontsaglike oorvloeiende nag, oor die diep oneindigheid,

sy heerlike

warmte.

 

Coral Bracho (gebore 1951 in Meksikostad) is ‘n Meksikaanse digter, vertaler en dokter in letterkunde.

 

Bracho is die wenner van die Aguascalientes National Poetry Prize in 1981 en ‘n Guggenheim-genootskap in 2000. Sy ontvang die 2004 Xavier Villaurrutia-toekenning vir haar boek, Ese Espacio, Ese Jardin.

 

***

 

Desde esta luz

Coral Bracho

 

Desde esta luz que incide, con delicada

flama,

la eternidad. Desde este jardín atento,

desde esta sombra.

Abre su umbral el tiempo,

y en él se imantan

los objetos.

Se ahondan en él,

y él los sostiene y los ofrece así:

claros, rotundos,

generosos.

 

Frescos llenos de su alegre volumen,

de su esplendor festivo

de su hondura estelar.

Sólidos y distintos

alían su espacio

y su momento, su huerto exacto

para ser sentidos. Como piedras precisas

en un jardín. Como lapsos trazados

sobre un templo.

 

Una puerta, una silla,

el mar.

La blancura profunda

desfasada

del muro. Las líneas breves

que lo centran.

 

Deja el tamarindo un fulgor

entre la noche espesa.

Suelta el cántaro el ruido

solar del agua.

Y la firme tibieza de sus manos; deja la noche densa,

la noche vasta y desbordada sobre el hondo caudal,

su entrañable

tibieza.

 

Bronverwysing:

Terceravia.MX. La lux y la lluvia de piel fugaz: poemas de Coral Bracho

 

 

Pierre Reverdy. Vertaling in Afrikaans

Wednesday, January 6th, 2021

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (66)

 

Pierre Reverdy. Vertaling van Frans in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.

 

Namiddag

(Prosagedig)

 

In die oggend wat agter die dak opkom, in die skuiling van die brug, in die hoekie waar die sipresse bo die muur uittroon, kraai ’n haan. In die kloktoring wat die lug inpriem met sy briljante punt, klink die klok en nou kan mens al die oggendgeraas in die straat hoor; die enigste pad wat lei van die rivier na die berg, verdeel die bos. Mens soek na ’n paar ander woorde maar die idees bly net so donker, net so eenvoudig en merkwaardig irriterend. Daar is skaars iets anders as die oë, die vars lug en water in die verte, en om elke draai ’n fonteintjie of helder poel. In die hoek aan die regterkant is die laaste huis met ’n groot kop in die venster.

Die bome is besonder lewendig en al daardie ou bekende metgeselle langs die bouvallige muur wat met ’n gelag tussen die dorings inval. Bokant die klofie word die geraas harder. Nog harder, en as ’n motor bolangs verbyry, weet mens nie of dit die blomme of klokkies is wat lui nie. Onder die brandende son, wanneer die veld bak, loop die stapper oor die stroompie op ’n nou brug verby ’n donker opening waar die bome langs die water staan wat in die namiddag aan die slaap raak. En teen die agtergrond van die bewende woud, die roerlose man.

 

***

 

Après-Midi

Pierre Reverdy

 

Au matin qui se lève derrière le toit, à l’abri du pont, au coin des cyprès qui dépassent le mur, un coq a chanté. Dans le clocher qui déchire l’air de sa
pointe brillante les notes sonnent et déjà la rumeur matinale s’élève dans la rue; l’unique rue qui va de la rivière à la montagne en partageant le bois. On
cherche quelques autres mots mais les idées sont toujours aussi noires, aussi simples et singulièrement pénibles. Il n’y a guère que les yeux, le plein air, l’herbe et l’eau
dans le fond avec, à chaque détour, une source ou une vasque fraîche. Dans le coin de droite la dernière maison avec une tête plus grosse à la fenêtre.

Les arbres sont extrêmement vivants et tous ces compagnons familiers longent le mur démoli qui s’écrase dans les épines avec des rires. Au-dessus du ravin la rumeur
augmente, s’enfle et si la voiture passe sur la route du haut on ne sait plus si ce sont les fleurs ou les grelots qui tintent. Par le soleil ardent, quand le paysage flambe, le voyageur passe
le ruisseau sur un pont très étroit, devant un trou noir où les arbres bordent l’eau qui s’endort l’près-midi. Et, sur le fond de bois tremblant, l’homme immobile.

 

 

Agtergrond

Paul Reverdy (13 September 1889 – 17 Junie 1960) was ’n Franse digter wie se werk geïnspireer is deur die uitdagende kunsbewegings van daardie tyd: Surrealisme, Dadaïsme en Kubisme. Hy het op sy beurt weer daardie bewegings beïnvloed met sy werk. Die eensaamheid en spirituele angs wat deurlopend in sy poësie voorkom, het aangesluit by die Surrealistiese credo. Reverdy het egter nooit deel geword van enige van die “ismes” nie en hy het gesoek na iets verder as die beperkinge daarvan. Sy werk het rypheid bereik met ’n mistieke soeke na “die sublieme eenvoud van die werklikheid”, soos hy dit gestel het.

 

Bronverwysing:

 

Reverdy, Pierre. Poèmes. Poésie Francaise et Mondial d’Hier & d’Aujourd’hui

poems.co/pierre-reverdy.html

 

 

 

 

 

Ricardo Reis. Vertaling in Afrikaans

Sunday, December 13th, 2020

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (48)

 

Ricardo Reis. Vertaling van Portugees in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.

 

Die gode gee niks meer as die lewe nie.

 

Die gode gee niks meer as die lewe nie.

Laat ons dan alles verwerp wat ons oplig

na asemlose hoogtes, ewig maar sonder blomme.

Al wat ons hoef te aanvaar, is wetenskap,

en so lank die bloed in ons fonteine nog pols

en liefde nie verskrompel nie,

laat ons aangaan,

soos glas lig-deurskynend

druppelend in die treurige reën,

warm gebak in die son,

effens weerkaatsend.

 

***

 

Não consentem os deuses mais que a vida.

Ricardo Reis (Fernando Pessoa)

 

Tudo pois refusemos, que nos alce

            A irrespiráveis píncaros,

            Perenes sem ter flores.

 

Agtergrond:

 

Ricardo Reis is een van die belangrikste heteronieme van Fernando Pessoa. Hy het in heeltemal ’n ander styl as die ander heteronieme asook Pessoa self geskryf. In “Poetry International” is daar die volgende aantekening:

 

Ricardo Reis

 A physician and classicist, whom Pessoa defined as a Greek Horace writing in Portuguese”, Ricardo Reis composed metered, non-rhyming odes about the vanity of life and the need to accept our fate. He was born in 1887 in Oporto, which became the focal point of the surviving monarchist forces after the founding of the Portuguese Republic, in 1910. In 1919 the monarchists took control of Oporto but were forthwith defeated, at which point Reis, a royalist sympathizer (his last name means kings), fled to Brazil, where he presumably lived out the rest of his days, though there is, among the thousands of papers left by Pessoa at his death, an address for a Dr. Reis in Peru.

 

Bronverwysing:

 Poetry International Archives. poetryinternational.org

 

Charles Baudelaire. Vertaling in Afrikaans

Wednesday, November 25th, 2020

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (21)

 

Charles Baudelaire. Vertaling van Frans in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.

 

Die kat

 

Kom lê, pragtige kat, op my liefdevolle hart;

trek jou naels in, en laat my wegsink in jou lieflike oë,

daardie versmelting van metaal en agaat.

 

Wanneer my vingers jou kop

sagkens streel en oor jou soepel rug,

en my hand ril van genot

as ek raak aan jou elektriese lyf,

 

sien ek my geliefde in my gedagtes. Haar oë

soos joune, liewe dier,

diep en koud, skerp en deurdringend soos ’n naald.

 

En van kop tot tone

hang daar ’n subtiele geur, ’n gevaarlike parfuum

om haar bruin lyf.

 

***

 

Le chat

Charles Baudelaire

Viens, mon beau chat, sur mon coeur amoureux ;

Retiens les griffes de ta patte,

Et laisse-moi plonger dans tes beaux yeux,

Mêlés de métal et d’agate.

 

Lorsque mes doigts caressent à loisir

Ta tête et ton dos élastique,

Et que ma m a i n senivre du plaisir

De palper ton corps électrique,

 

Je vois ma femme en esprit. Son regard,

Comme le tien, aimable bête

Profond et froid, coupe et fend comme un dard,

 

Et, des pieds jusques à la tête,

Un air subtil, un dangereux parfum

Nagent autour de son corps brun.

 

Bronverwysing:

 Les fleurs du mal: Les Classiques Poche – Texte intégral (French Edition)

 

Tomas Tranströmer. Vertaling in Afrikaans

Monday, November 23rd, 2020

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (15)

 

Tomas Tranströmer. Vertaling van Sweeds in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.

 

Boom en lug

 

Daar gaan die boom gehul in reën,

storm verby ons in die stortende grysheid.

Dit het ’n taak. Dit haal lewe uit die reën

soos ’n lyster in ’n vrugteboord.

 

Wanneer die reën ophou, gaan staan die boom.

’n Duidelike glimp, stil in die helder nag

wagtend soos ons vir die oomblik

wanneer sneeuvlokkies uitslaan in die ruimte.

 

***

 

Trädet och skyn

 Tomas Tranströmer

 

Det går ett träd omkring i regnet,

skyndar förbi oss i det skvalande grå.

Det har ett ärende. Det hämtar liv ur regnet

som en koltrast i en fruktträdgård.

 

Då regnet upphör stannar trädet.

Det skymtar rakt, stilla i klara nätter

i väntan liksom vi på ögonblicket

då snöflingorna slår ut i rymden.

 

Bronverwysing:

Tranströmer, Tomas. 2011. samlade dikter 1954 – 1996. Bonnier Pocket.

 

Jacques Roubaud. Vertaling in Afrikaans

Sunday, November 22nd, 2020

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (13)

 

Jacques Roubaud. Vertaling van Frans in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.

 

Dat die wêreld daar was

 

Toe ek aan die slaap raak, sien ek die wêreld is daar,

die wêreld en alles wat daaruit voortkom;

“nou” kleiner as ’n punt

agter geweldige en ernstige kleure.

Zoemende jare kom van ver af terug,

hoek van straat met straat,

spore weggespoel deur die reën,

geel stof versamel in my hand.

 

Toe ek aan die slaap raak, sien ek al hierdie dinge:

die warmte en ellips van die put,

die aarde, waar die blare gewigloos is,

die water presies, gelykmatig in balans.

 

Ek het gesien, toe ek aan die slaap raak,

dit wat ek nou al jare lank verwelkom

maar wat ek nie kon onthou nie:

heel jare, vol waarheid,

dit wil sê, as jy wil weet, vol van die dood.

Ek wou nie, terwyl ek aan die slaap raak,

sien wat ek al te veel gesien het nie.

 

***

 

Que l monde était là

Jacques Roubaud

 

M’endormant je voyais que le monde était là,

le monde et tout ce qui s’ensuit ;

‘maintenant’ plus petit qu’un point

derrière les couleurs immenses et sérieuses.

bourdonnantes années revenues de loin,

angle de la rue avec la rue,

effacées traces sous de la pluie,

jaune matériel rassemblé dans la main.

 

En m’endormant je voyais tout cela :

la chaleur et l’ellipse du puits,

la terre, où les feuilles n’ont plus de poids,

l’eau juste et médiane, qui balance.

 

Je voyais, m’endormant, je voyais cela

que j’avais accueilli en des années

que je ne savais pas dans mon souvenir :

années entières, avec vérité,

c’est-à-dire, si on veut, avec mort.

 

Je voulais, et je ne voulais pas, m’endormant,

Voir ce que trop de fois j’avais vu.

 

Bronverwysing:

Poetry International Archives. poetryinternational.org

 

In ’n onderhoud wat met hom gevoer is, het Jacques Roubaud o.a. die volgende gesê:

 

Quand vous commencez à écrire de la poésie, au début des années 1950, le surréalisme est omniprésent…
As jy in die vyftigerjare begin dig het, was surrealisme alomteenwoordig. Dit het ’n slegte invloed op my gehad. Toe ek ’n tiener was, het ek slegte surrealisme geskryf met ’n bietjie betrokke poësie daarby. Ek en my destydse vriende het André Breton sowel as Louis Aragon en Paul Eluard bewonder – digters wat gekant was teen hewige estetiese rusies. Ons wou tog maar kant kies en daarom het ons gesoek na ander belangrike surrealiste, Maar ons het net randfigure teëgekom: Blaise Cendrars en Tristan Tzara, poësie wat vir ons toeganklik was. (Uit Frans vertaal).

 

Opmerking: Die gedig “Dat die wêreld daar was” is inteendeel ’n hoogtepunt in Roubaud se oeuvre. Dit maak meesterlik gebruik van surrealistiese grepe, gepaard met die nugterheid van ’n skerp waarnemer, om ’n fyn gebalanseerde gedig daar te stel. – Vertaler

 

Fernando Pessoa (Álvaro de Campos). Vertaling in Afrikaans

Tuesday, November 17th, 2020

 

Versindaba prys vir vertaalde gedigte (4)

 

Fernando Pessoa. Vertaling van Portugees in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter.

 

A, hoe verfrissend om nie jou werk te doen nie!

 

A, hoe verfrissend om nie jou werk te doen nie!

Om dit na te laat, is sekerlik soos om op die plaas te ontspan!

Watter toevlug is dit nie om heeltemal onbetroubaar te wees!

Ek kan makliker asemhaal noudat die afsprake verby is.

Ek het hulle almal moedswillig vermy.

Ek het gewag vir die drang om te gaan wat ek geweet het nie sou kom nie.

Ek is vry van die georganiseerde, ten volle geklede gemeenskap.

Ek is naak en ek duik in die water van my verbeelding.

Dis te laat om by enige van die twee vergaderings te wees op dieselfde tyd.

Doelbewus op dieselfde tyd …

Maak nie saak nie, ek sal hier bly, gedigte droom en glimlag in kursief.

Hierdie toeskouer-aspek van die lewe is so amusant!

Ek kan nie eers nog ’n sigaret aansteek nie … As dit ’n gebaar is

kan dit saam met die ander wag in die lewe se niebestaande vergadering.

 

 ***

 

 Ah a frescura na face de não cumprir um dever!

 Álvaro de Campos

 

Ah a frescura na face de não cumprir um dever!

Faltar é positivamente estar no campo!

Que refúgio o não se poder ter confiança em nós!

Respiro melhor agora que passaram as horas dos encontros.

Faltei a todos, com uma deliberação do desleixo,

Fiquei esperando a vontade de ir para lá, que eu saberia que não vinha.

Sou livre, contra a sociedade organizada e vestida.

Estou nu, e mergulho na água da minha imaginação.

É tarde para eu estar em qualquer dos dois pontos onde estaria à mesma hora,

Deliberadamente à mesma hora…

Está bem, ficarei aqui sonhando versos e sorrindo em itálico.

É tão engraçada esta parte assistente da vida!

Até não consigo acender o cigarro seguinte… Se é um gesto,

Fique com os outros, que me esperam, no desencontro que é a vida.

 

Bronverwysing:

Arquivo Pessoa. Op Internet: arquivopessoa.net/textos/2543

 

Oor Pessoa

 

Fernado Pessoa (1888 – 1935) word as een van die belangrikste digters van die twintigste eeu beskou. Hy het sy skoolopleiding in Durban ontvang, maar daarna na Lissabon verhuis waar hy die res van sy lewe deurgebring het. Hy het hoofsaaklik in Portugees geskryf en is in baie ander tale vertaal.

 

Hy het die idee van die “heteronieme” digter beroemd gemaak. Dit is ’n fiktiewe digter met sy eie naam, biografie en oeuvre wat deur ’n werklike digter geskep word. Pessoa het ’n hele reeks heteronieme gehad, maar drie van hulle was die belangrikste digters in sy oeuvre: Alberto Caeiro, Álvaro de Campos and Ricardo Reis.