“Nadat my eerste twee slanke digbundels verskyn het, is ek jou werklik waar in ‘n onderhoud gevra, nie of ek gaan selfmoord pleeg nie, maar wanneer. Tensy jy bereid was om jou lewe te waag – of liewer, daarvan afstand te doen – kon jy nie verwag om ernstig opgeneem te word as vroulike digter…