Dit is gister bekend gemaak dat Derek Walcott, wat die Nobelprys vir Letterkunde in 1992 gewen het, pas bekroon is met die gesogte T.S. Eliot-poësieprys vir die beste digbundel wat in 2010 in Engeland en Ierland verskyn het. Dié toekenning is aan hom gemaak op grond van sy bundel White Egrets wat verlede jaar by…
Tag: Derek Walcott
Dinsdag, 26 Mei 2009
Agge nee, en daar word die Britte se maand van glorie toe ‘n maand van skande! Vroeër vandeesmaand het die ganse poësiewêreld hande geklap toe Carol Ann Duffy as eerste vrou poet laureate aangestel is (Nuuswekker, 1 Mei), en enkele weke later Ruth Padel as eerste vrou in die gesogte pos van Oxford Professor of poetry (Nuuswekker, 18 Mei). Hierdie is die mees invloedryke poste…
Donderdag, 21 Mei 2009
En dan doen die digters dit weer! Die Universiteit van Johannesburg het pas bekendgemaak dat hul R20,000-prys vir ‘n beste debuutwerk vanjaar aan Loftus Marais toegeken is vir sy bundel Staan in die algemeen nader aan vensters. Luidens die verslag word die prys aan Loftus toegeken weens sy gedigte wat “dikwels ‘n ligte, speelse toon en getuig van…
Maandag, 18 Mei 2009
Hierdie maand is inderdaad ‘n historiese maand vir die Britse letterkunde. Pas is Carol Ann Duffy as eerste vrou in die 341-jaaroue pos van poet laureate aangewys, of Ruth Padel volg haar voorbeeld deur die eerste vrou te word om aangestel te word in die 300-jaaroue pos van Oxford Professor of Poetry. In die proses het sy Arvind Krishna…