Hans du Plessis (foto) se nuwe roman, “Die pad na Skuilhoek” het pas verskyn. Ek het die roman ‘n minimalistiese kunswerk gevind wat, veral as gevolg van die gestroopte aard van die vertelling en die streng dissipline wat die digter homself oplê om slégs die essensiële te vertel, sterk ooreenkoms met die digkuns vertoon….