Posts Tagged ‘Die slingerplant se wintergroei’

Nuwe Bundel. Rosa Smit: Die slingerplant se wintergroei

Thursday, July 1st, 2021

 

 

 

 

Die slingerplant se wintergroei

Rosa Smit

Nou val vere uit die lug van dooie voëls, riviere
rittel met koue skouers en hulle
vingers grou ’n lêplek in die sand.

Rosa Smit se gedigte bied, in die woorde van Marianne Moore, werklike paddas (“toads”) in verbeelde tuine, ook met die “noodsaak” wat Opperman van ’n gedig vra.

Hierdie digbundel dek ’n wye spektrum: van liefde, groei, gebed, opstanding tot skeiding.

 

Oor die outeur

Rosa Smit is ’n wydgepuliseerde skrywer van o.a.Krone van die narsing in 1987, waarvoor sy die gesogte Ingrid Jonker-prys ontvang. Van haar verse is in verskeie bundels opgeneem, o.a. Die braambos brandDie mooiste liefdesgedigte in Afrikaans en ’n Honderd jaar later.

Vers oor vers, gedigte wat gedeeltes uit die Bybel verhelder, is ook ’n vrug van Rosa se pen.

 

[Naledi 2021. Prys: R240.00. ISBN: 9781928530442]