Ek beskou Albert de Vos (ook bekend as AD) as die kaliber Afrikaanse liriekskrywer wat saam met mense soos Koos du Plessis, Anton Goosen, David Kramer, Amanda Strydom en Valiant Swart genoem behoort te word. Ten spyte van ʼn sterk kultusgevolg, het AD tot nou toe nog nie vergelykbare openbare erkenning vir sy bydrae gekry nie….