Dieter Süverkrüp. Liedvertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Bernard Odendaal Simpatie met die Duitse oorlewendes van die Tweede Wêreldoorlog deur ’n grondlegger van die Liedermacher-beweging Een van die grondleggers van die Duitse Liedermacher-beweging is Dieter Süverkrüp. Hy is ’n entoesiastiese en sosiaal-polities betrokke kunstenaar. Talle tradisionele arbeider- en versetliedere uit die tyd…