Vlug Julle moes voor Ghenghis Khan se Mongoolse horde uit Afghanistan voor massaslagtings in brandende stede deur skroeiende woestyne na Nisjapoer en Bagdad met jul aardse besittings na Kufa in Arabië vlug waarvandaan jul eindelik Mekka teen die lug in volle glorie gesilhoeëtteer uit sien staan om daar dank te bring ook aan jou…
Tag: Dietloff van der Berg gedig
Dietloff van der Berg. Ongekaart.
Ongekaart Frenologies was jou neus te kort en sou jy durf en deursettingsvermoë skort om op die Beagle saam met FitzRoy uit te vaar op ’n karteringstog van soveel jaar wat reg om die aardbol heen moes reis, maar teen heersende mites en jou vader se sin is jy hardkoppig tog die skippie…
Dietloff van der Berg. ‘Pandora’ tik al die boksies
‘Pandora’ tik al die boksies Netwerk24, 17 Februarie 2025 Nuuskierig Prometeus het uit die hemel neergedaal na hy die vuur gesteel het dat mans as sterwelinge hier op aarde darem nie so moes sukkel om ’n vleisie gaar te kry nie. Maar hy was met Zeus aan die stry wat as oppergod…
Dietloff van der Berg. Windpomp
Windpomp ‘n Afvlerk windpomp verroes verder waar met sy stang voorheen waters waar rus is diep onder uit die aarde opgeruk is om verruklik nuwe groei te bring. Die aar waaroor hy staan is met ’n mikstok in die waterwysershand opgespoor en oopgeboor, maar met die bombardeer deur stofsigtig relatiewe deeltjies verkrummel…
Dietloff van der Berg. Ontliggaam
Ontliggaam As ek jou soen en ons lepellê is jou en my vlakke oksitosien blykbaar versoenbaar hipotalamies afgeskei dat liefdesbinding tussen jou en my verterend kan ontvlam. Die serotonien is gebalanseer in die masjien maar sal die hittige lywe se stimuleer van die brein nog ’n doppie dopamien van die bynier af…
Dietloff van der Berg. Skinker
Skinker Die kromgetrekte druiwestok bly staan teen elke wingerdvrot en weer mikrobiese peste af wat probeer dat sy groei verknotte lote uit sal stoot, want hy wil vrug dra dat elke mens asof vervul met wyn dronk kan word verruk deur die sap wat uit trosse tap hul vervoer tot wéét hul is…
Dietloff van der Berg. Kreef
Kreef Die Here het die kanker reeds my neus so bietjie uit laat kerf, maar kyk ek daarlangs na die Kreef weet ek die bestraling het deur sy wetenskap ook genesing meegegee en knyp ek myself met die besef my deoksiribonukleïensuur het Hy in spirale lank voor hierdie uur al in my moederskoot…
Dietloff van der Berg. Paestum (M)
Paestum – Tombe van die duiker 470 v.C. Na die lewensfeesmaal klaar geëet met vriende wat musiek maak met spel, wyn en liefde vreugdevol geniet jou voete ongepunt horisontaal asof jy nog onderstebo bly plat op die aarde staan, met die sakkies en penis wat jou saad versprei het onvrugbaar nou onder gebulte…
