Ervaarder Artemis Vir Joan Hambidge Jy bly knibbel waarom herstel ek nie – want jy het my die maan, sterre en uitspansel beloof. Jy stuur my na die maan en à la Christina Koch beweeg ek in die lugdrukvrye atmosfeer karteer die kraters aan die donker kant, 406 771 kilometer ver, die stil…
Tag: Dietloff van der Berg
Dietloff van der Berg. Hoor die metafoor
In 1920 al skryf die redakteur van Die Banier na aanleiding van die getwis oor Toon van den Heever se bundel Gedigte (1919) tussen Eugene Marais, J.F.W. Grosskopf, Gerhard Dekker, A.H. Jonker, E.C. Pienaar, en ander: “Literêre kritiek is uiteraard so ’n subjektiewe en subtiele ding dat mens tot in die oneindige daaroor kan…
Dietloff van der Berg. Die onmenslike KI en digkuns
Hoe ’n mens die wêreld om jou leer ken, waarneem en interpreteer, word gewoonlik as jou ontologiese benadering beskryf. Dit is dus ’n ontologiese gruwel om in plaas van “daar staan” te sê “dit sê” (Van der Berg, 1994) of KI sê, want slegs ’n unieke mens met ’n persoonlike interpretasie van die waarneembare en…
Dietloff van der Berg. Petrichor
Petrichor (petra klip, ichor bloed) Jy ruik in stilte buskruit donderslae uit die hemele neergeblits, knopkieriekorrels hael, voor vet druppels na die droë tyd ongehoord van gewasse drup met plantolie verbind in die lug uit kleigrond en klip met aard-geur vrygestel word en water verligting bring waar stomme blare suisend sing oor vloeistof in…
Dietloff van der Berg. Fluit-fluit
Fluit-fluit Ontbinde lyke stapel op want die pes het toegeslaan met rotte oral ook in die strate wat uit hul gate dit versprei met vir mens geen antwoord meer oor hoe om dit te keer nie. Toe op Heilige Johannes en Paulus se herdenkingsdag kom charismaties die fluitspeler daar aan en belowe teen…
Dietloff van der Berg. Afskeid
Afskeid Hy sal jou nooit weer soen nie na die trein relatief kleiner word, uit sig verdwyn op pad na die oorlogsgrens toe; die smaak sal jy nog lank daarna op jou lippe dra en hom verbeeld al word die skyn net pyn. © Dietloff van der Berg, 2026
Nuwe Bundel. Dietloff van der Berg: Feesmaalgang
Feesmaalgang Dietloff van der Berg Feesmaalgang is die debuutbundel van Dietloff van der Berg. Hy het al meer as vyftig jaar gelede begin gedigte publiseer in tydskrifte soos Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde, asook in versamelbundels tot vanjaar in flikker-gram. Sy heg-gestruktureerde bundel getuig van sy sensitiewe én geslypte woordvernuf en skeppingskrag. Oor die skrywer Van…
Wenners van Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig
Die wenners van die kompetisie waarin digters ekfrastiese gedigte (gedigte oor kunswerke) moes inskryf is: Eerste plek: Joan Hambidge met haar gedig “Die landskap is ’n gesig” https://versindaba.co.za/2025/05/07/joan-hambidge-die-landskap-is-n-gesig/ Naaswenners: Ilse van Staden met “Deursigtige oggend” https://versindaba.co.za/2025/05/27/ilse-van-staden-deursigtige-oggend/ Dietloff van der Berg met “Winter” https://versindaba.co.za/2025/06/04/dietloff-van-der-berg-winter/ Elmarie Stofberg met “Ewige kind” https://versindaba.co.za/2025/05/20/elmarie-stofberg-ewige-kind/ …
