DIGITALISEER “die oorskakeling is pynloos” hoe het dit skielik stil geword – tikmasjienvuiste wat deur lint bloed uit blaaie moker drukperse wat spore stamp om aan die laksman rigting te wys gietvorms wat viniel só martel dat naalde gille uit groewe steek speke wat films in rolle folter suur wat papier gedaantes laat bieg klaviere…