Dietloff van der Berg is op 30 Maart 1950 in Germiston gebore waar hy grootgeword en gematrikuleer het. Na ’n jaar in die Valskermbataljon is hy na Stellenbosch Universiteit waar hy sy BAHons voltooi en daarna as onderwyser by St. Andrews Kollege, Grahamstad begin werk het. Sy MA oor die digter Hans Lodeizen verwerf hy…
Tag: Digtersprofiel
Digtersprofiel: Marthé McLoud
Marthé McLoud is op 12 Maart 1964 op Stellenbosch gebore en het daar grootgeword. Sy het in 1985 haar BA-graad in Maatskaplike werk behaal en in 1989 haar MA-graad in Maatskaplike werk met lof geslaag. Sy het vir 25 jaar as maatskaplike werker in Pretoria en in Somerset-Wes gewerk. Sedert 2018 is sy afgetree en…
Digtersprofiel: Izak L. de Villiers
Izak Louis de Villiers (1936 – 2009) het 19 jaar lank as predikant gedien in verskillende gemeentes van die NG Kerk. Hy is berymer van 69 gesange in die nuwe Liedboek van die Kerk en was ook medewerker en -berymer van die Gesangboek van 1978. In 1982 word hy redakteur van Sarie en in 1991…
Digtersprofiel: Francois de Jongh
Francois de Jongh is gebore te Kakamas 14/03/51. Hy matrikuleer in 1968 aan Paul Roos Gimnasium en voltooi sy BA SOD aan die Universiteit Stellenbosch in 1973. Hy gee onderwys in Villiersdorp en verskeie plattelandse Karoo-dorpe en tree uit as Departementshoof by Worcester Gimnasium 1996. Hy werk ook as poësie redakteur van Graffier (Nasionale literêre tydskrif…
Digtersprofiel. Jan de Bruyn
Jan de Bruyn is gebore op 25 November 1941 in die Moedersbond in Pretoria. Hy was onderskeidelik ’n klerk in die Staatsdiens, ’n onvanpaste netjies verpakte outsider-fenomeen in die privaatsektor, ’n meer van paste bruingebrande voorman op verskeie Rhodesiese plase; ’n boer op eie rekening en gevolglike insolvent in Suid-Afrika; ’n akademikus aan verskeie universiteite…
Digtersprofiel: Elna Crouse
Elna Crouse is op 30 Julie 195I in Port Elizabeth gebore. Sy spandeer die grootste gedeelte van haar skoolloopaan in Vryburg, maar matrikuleer aan die Hoërskool Voortrekker in Boksburg. In 1972 behaal sy die graad BA Tale met sielkunde as ekstra hoofvak en in 1973 H.N.O.D (buitengewone onderwys) by U.P. Sy hou skool by die…
Digtersprofiel: Marius Crous
Marius Crous is in 1965 op Villiersdorp in die Kaapprovinsie gebore. Benewens ’n doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands verwerf hy ook M.A.-grade in Afrikaans-Nederlands en Engels. Hy het die kreatiewe skryfkundekursus onder leiding van prof. Marlene van Niekerk voltooi. Crous begin reeds op skool dig. Van sy gedigte word in die Tydskrif vir Letterkunde, Standpunte en Literator en ook…
Digtersprofiel: Margaret Cordier
Margaret Cordier is gebore 28 April 1962 en het haar vormingsjare gehad in Alexanderbaai. Haar liefde vir skryf begin op ’n vroeë ouderdom tydens haar laerskooljare. Van haar skrywes word in die skoolkoerant gepubliseer en sy word in haar hoërskooljare aangemoedig deur o.a Anna Neethling Pohl. Sy neem gereeld met sukses deel aan redenaarskompetisies en…