Die ontdekking van ’n verborge interteks is altyd vir ‘n leser ’n aangename verrassing. Dit verryk die betekenis van die oorspronklike teks en verdiep die leesplesier. Een van my geliefkoosde Afrikaanse verse is D. J. Opperman se “Edms. Bpk.” uit die gelyknamige digbundel van 1970: Ek het ’n stukkie grond gekoop met melkhout…