‘n Perspektief op die digterskap van Donald Riekert – Digter uit Kuruman Rensia Robinson © Inleiding Donald Riekert is digter-boorling van Kuruman. Sy mede-digtervriend daar was Thomas Deacon. Van sy verbintenis met hom het Riekert gesê (Müller 1990:4): “Ons inspireer mekaar, iets vreesliks. As ‘n gedagte by hom nie wil vorder nie, gee hy dit partykeer…