Dis ’n warm somersmiddag in 1963. Stanislaw Ulam sukkel om sy oë oop te hou; die wiskundekongres is vervelig. Gedagteloos begin hy om getalle neer te skryf, gevolg deur krabbels en lyne. Die wiskundige sit en doodle, maar vir die ander lyk dit of hy aandagtig sit en aantekeninge maak. Later sou dié genie uit…