Drie-uur Twee helftes van die nag se swart vlies trek weerskante toe, weg van die snydende lem van sy bewussyn. Droë poeierlig walm geluidloos van agter die toegetrekte gordyne; lyne bestaan nie, net kolomme wisselende donkerte. Dikkoppe klik ’n ent in die straat af. Hulle besit nou die teerstraat, die nag is hulle…