Posts Tagged ‘Driekie Grobler kwatryn’

Kwatrynkompetisie (141)

Thursday, April 29th, 2021

 

Kom vier die hede.

Skuif die pandemie na die verlede.

Want die druif is gepars

en bied vrolikheid en vrede.

 

© Driekie Grobler, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (140)

Thursday, April 29th, 2021

 

Vriendskap is kosbaar, vriendskap is goed.

Laat ons dit vier met wingerd se soet.

Geen pandemie kan omgee kelder

om die genot daarvan in te boet.

 

© Driekie Grobler, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (133)

Wednesday, April 28th, 2021

 

Die wingerd se opbrengs

Deur pandemie begrens

Smaak steeds soet op die tong

van ieder hoopvolle mens

 

© Driekie Grobler, 2021

 

 

Kwatrynkompetisie (130)

Friday, April 23rd, 2021

 

Ek gun jou die vryheid van samesyn.

Ek gun jou vriende met goeie wyn.

Mag geen pes of pandemie ooit

jou vertroue in hoop laat kwyn.

 

© Driekie Grobler, 2021