Posts Tagged ‘Driekie Grobler kwatryne’

Kwatrynkompetisie (145 – 148)

Friday, April 30th, 2021

 

145

 

Covid-19 het ver en wyd uitgekring

steeds kan ons vrolik wees en sing

want die wingerd-oes het oorgenoeg

goeie wyn voortgebring.

 

146

 

Covid-19 het alles omver kom gooi

gemoedere wyd oor kommer laat strooi

maar danksy die wingerd se oes

kan ons steeds ‘n glimlag plooi.

 

147

 

Om ingeperk te word kan nog gaan

‘n pandemie vol reëls probeer ek verstaan

maar ‘n lewe sonder goeie wyn

sal die borrel in my lag verslaan.

 

148

 

Die pandemie kortwiek dalk geleenthede

temper dalk die wil om vooruit te strewe

maar met goeie kos en kwaliteit wyn

kan jy beslis vroliker en gelukkiger lewe.

 

© Driekie Grobler, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (142 – 144)

Friday, April 30th, 2021

 

142

 

Uit die sap van ‘n goeie bottel wyn

vloei woorde van ‘n persiese kwatryn

wat kommer oor dreigende pandemies

sommer gou-gou in die niet laat verdwyn.

 

143

 

Wees vrolik, wees bly

geen pandemie sal ons onder kry

want vriende en goeie wyn

sal altyd voorrang kry.

 

144

 

Boeretroos sonder melk kan nog gaan

‘n pandemie vol reëls kan ek dalk verstaan

maar lewe sonder vriende en goeie wyn

het my stap van sy huppel ontdaan.

 

© Driekie Grobler, 2021