ʼn Boek of ʼn tydskrif wat verban is, het my nog altyd bekoor. In my studentedae het ons die Staffrider-uitgawes maar goed versteek, want ons universiteit het nagegaan wie is moontlike leesoortreders. Komende van Natal, is ek sommer op dag een al gemerk as “ligpienk”. Nogal ironies, want ek was en is polities taamlik onopgevoed…