Wie, as ek skreeu, sou my dan hoor vanuit die engelekore? En sê nou maar een van hulle druk my skielik vas teen sy hart: ek sou vergaan weens sy sterker teenwoordigheid. Want die skone is niks anders nie as die begin van die verskrikking wat ons nog nét kan verduur, en ons bewonder dit…