Verlore berggans het ‘n veer laat val vir Bian, met erkenning aan Boerneef Verlore berggans het ‘n veer laat val op ‘n voetpad langs die dorp se eenddamwal sy lyfie wandel nuuskierig nader en tel dit op maar voordat hy dit doodgewoon by sy sak instop, kyk hy met ‘n warm glimlag terug…
Tag: Eduan Naudé gedig
Eduan Naudé. Outisme (M)
Outisme ‘n Foto is die wêreld vasgevang, werklikheid in ‘n geraamde tydstip. Maar hý is konstante sensoriese kontinuïteit, voortdurend intyds, hulpeloos behep: As sy hand teen die deur tik saam met die buurman se grassnyerritme, weerklink die vibrasies van die by wat om kelkkleure op die vensterbank dans, deur die swoel van…
Eduan Naudé. Aksent
Aksent My vriend se stem is ‘n Sondagmiddagslapie – heel gemaklik as hy Afrikaans praat en hy is trots as hy grap hy is van die Vrystaat, die enigste staat, af ‘n feit wat hy verklap wanneer hy met sy aksent as Khaki moet aanmeld want dan word sy mond ‘n slagveld waar…
Eduan Naudé. Hoe om ‘n ou Egiptiese gedig te skryf
Hoe om ‘n ou Egiptiese gedig te skryf Kap prentjies uit teen ‘n sandsteenmuur: ‘n stilistiese oog wat die niet in staar dan ook: ‘n arend, ‘n reier en regop riet, en laat staan in die son vir ‘n duisend jaar. © Eduan Naudé, 2023
Eduan Naudé. Hoe om Japannese poësie te skryf
Hoe om Japannese poësie te skryf Verf gestreepte prentjies op ‘n rol papier: dié driehoekberg en ‘n tak blommetjies, nog meer: ‘n tempel, swaard en blokkies sushi, en hang dit vertikaal teen ‘n hout-en-papier-muur. © Eduan Naudé, 2023
Eduan Naudé. Tik
Tik Met apologie aan Seamus Heaney Op die tafel van my bobene staan my oop skootrekenaar; horisontaal. Die sagte klik-klak-klank wat die knoppies maak herinner my aan naskool wag tussen kantoorlessenaars: my ma, wat sit en tik. Ek kon my verstaar aan haar gebuigde rug, geken tussen rye op rye ander…
Eduan Naudé. Vuurvalk
Vuurvalk Vir ‘n oomblik stil is die wêreld van sonneblomme en die blou Azov see as daar geen wind meer waai oor die geskroeide koringland geel; dwaal ‘n hommeltuig, swaar met handgranate gelaai wat soekend druis soos hy draai, soos hy draai… © Eduan Naudé, 2023
Eduan Naudé. ‘n lewe as fisika
‘n lewe as fisika my vriende en familie is ‘n versameling boeke en bundels netjies gerangskik in die dorp se wit munisipale biblioteekrak van woordeboeke, how-to guides en comics, tot kinderstories en die hele reeks Encyclopedia Britannica hier is my pa ‘n avontuurverhaal, my ma ‘n bloemlesing afrikana en ek (die een…