Posts Tagged ‘Eduan Naude limeriek’

Eduan Naudè. Nar(s) poëtica

Wednesday, October 27th, 2021

 

 

Nar(s) poëtica

 

Die digter vertel ‘n storie van jagter Piet

wat homself aanhoudend in die voet bly skiet

 

Is dit ironies?

Of ars poëties?

 

Nee, dis net ‘n luiaard se lawwe limeriek

 

© Eduan Naudè, 2021

 

Eduan Naudè. Vir amper twee jaar lank sit ou San

Tuesday, October 26th, 2021

 

 

Vir amper twee jaar lank sit ou San

Net soos elke ander Jan Alleman

 

die perd is gesaal

dis die nuwe normaal

 

Sy sal man moet soek deur ‘n skerm dan

 

© Eduan Naudè, 2021