Ons almal weet dat UNESCO ’n enorme rolspeler is op die gebied van Internasionale onderwys- en kultuuraangeleenthede. ’n Herrie het egter intussen ontstaan nadat dit bekend gemaak is dat daar beoog word om die Egiptiese minister van Kultuur, Farouk Hosni, as UNESCO se nuwe direkteur-generaal aan te stel. Drie vooraanstaande intellektuele, synde Bernard-Henri Lévy (Franse…