patrys-kind kamer vol niks koud klinies anders kort treetjie vorentoe koppie laag sagte aanraak van ‘n bleek hand op die wit kombers groot hand eens hard sag geword in tyd tyd wat stadig verbyspoel sterkte weggekwyn in pyn piep-piep laat haar opkyk blou ogies blink met trane hoop gevestig op nog…