Breyten(bach) met respek aan ‘n meester jy het weggegaan, verHuis sonder dat ek jou (ooit sou) ken ~ wat ‘n persoonlike verlies ~ die poësie in jou beleë oë het tot rus gekom maar deur jou nalatenskap sal jou lig altyd brand elke dag en elke nag… © Elmarie Nienaber Van Kampen,…
Tag: Elmarie Nienaber Van Kampen gedig
Elmarie Nienaber Van Kampen. palliatief (M)
palliatief as die siekte wat die liggaam tot die punt van ad extremis verteer het se angel nie meer gevrees of erken word nie word eens hoopvolle oë berustend en is die enigste behoefte wat standhou en oorbly aan dienende hande wat versorg en gemaklik hou tot die sterwensuur van die vernielde liggaam…
Elmarie Nienaber Van Kampen. münchausen (M)
münchausen die verterende psigiese pyn van ewige behoefte aan aandag en simpatie eggo in diepgewortelde sielsleemtes en vul dit infekterend op totdat ‘n doktersbesoek noodsaaklik word met aanmelding van denkbeeldige somatiese simptome gerugsteun deur goed-nagevorsde mediese feite by proxy en die vraende oë van medici word behendig en mooitjies herlei na…
Elmarie Nienaber Van Kampen. hooploos (M)
hooploos tog vreemd hoe die mens ánders oor lewe dink wanneer daar lewe is, maar geen hoop meer as die geneesheer se oorgawe ‘n pasiënt se lewenshoop slap in sy oë laat hang wanneer lewe nie meer vanselfsprekend is nie maar ‘n geleende ding en siekwees die knie moet buig voor doodwees …
Elmarie Nienaber van Kampen. lykshuis (M)
lykshuis liggaam deur hart en siel verlaat die ontnemer nêrens in sig die ondernemer tastend in die vingerspore van die goeie dokter wie se pogings om te red soms in desperate vingerafdrukke op dooie vel lê © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024 The AVBOB Poetry Competition reopens on…
Elmarie Nienaber Van Kampen. tu me manques
tu me manques jy is stadig geknak en verweek uiteindelik middeldeur gebreek by jou sterfbed mog ek skaars vertoef jý gaan my solank ek leef, ontbreek *tu me mangues (Frans) jy ontbreek my © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2023
Elmarie Nienaber Van Kampen. Alzheimer
Alzheimer soos smeulende hitte vlamloos en langsaam woord en papier kan verteer word denke en geheue onstuitbaar en tydsaam deur alzheimer onteer © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2023
Elmarie Nienaber Van Kampen. beroerte
beroerte die sieke in die privaatkamer se familie kyk groot-oog hoe die suster nogal onsag sy linkerlamte behandel en hul noem aan haar … sy gesig hang nie eens leep-oog ~ soos mens maar verwag ~ hy lyk dieselfde alkant en dit is vir hul erg dat sy dié beroerte só…