Operasie hy lig sy hand sprei sy vingers oop en glip glad ‘n handskoen oor ‘n tros ligpienk geskropte vingers. tel die skerpste skalpel op en sny oop uit weg af. tel ‘n krom sliwer naald met ragfyn swart sydraad op. boor vaardig daarmee deur vel en vlees. knoop en knip, knoop en…
Tag: Elmarie Stofberg gedig
(28) Elmarie Stofberg. Haikoe – Oujaar
HAIKOE – OUJAAR tyd loop altyd uit blink water oor gladde klip ʼn helder skoon stroom © Elmarie Stofberg, 2022
(17) Elmarie Stofberg. Oukersdag by die see
Oukersdag by die see vroegoggend het die son al begin bak tot die strand sagte strooigeel sponskoek is oor die middag kook die duine: ‘n dik warm vla maar skemer koel die lug af tot oranje en rooi jellie wat stol in die seewater-kristalglasbak toe klits suidoos die wit wolke styf soos room…
Elmarie Stofberg. Selene nuwe maan
Selene nuwe maan as son, sy en aarde so in syzygy is dat sy snags haar skadukant wys staan sy soggens saam met son op en saans gaan lê sy saam met hom © Elmarie Stofberg, 2022
Elmarie Stofberg. Selene sekelmaan
Selene sekelmaan sy vra haar ma: weef vir my ‘n rok wat pas van blink sy wat ek kan dra as ek vining op my sekelmaanperd deur die diep donker nagte ry onmoontlik: sê haar ma, jou lyf verander dan pal © Elmarie Stofberg, 2022
Elmarie Stofberg. bolmaan
Selene bolmaan elke nag vat sy haar fakkel. om oor die wêreld te waak dis toe dat sy vir Endymion sien. die flippen fakkel net daar los en afkom tot by hom. daarom bol haar maag weer blink © Elmarie Stofberg, 2022
Elmarie Stofberg. Selene volmaan
Selene volmaan sy jaag met ‘n ronde blink koets en tien wit perde met vlerke van lig deur die gitswart nag tot son haar lig vir die dag kom steel © Elmarie Stofberg, 2022
Elmarie Stofberg. as dit kom reën in die brandberg
as dit kom reën in die brandberg agter die brandberg het die lug vroegdag skielik onheilspellend donker geword en sonder die son word sy plooie sag raak hy ‘n uitgeknipte kartonbord teen die voormiddag bring noordwes vir hom ‘n donsduvet wat sy om sy lyf moet vou en optrek tot net sy…