Nuwe Bundel. Elmarie Stofberg: digby
Monday, May 9th, 2022digby
Elmarie Stofberg

Omslag
In hierdie boeiende debuutbundel word die aandag gevestig op die wesenlike kenmerke van objekte, mense en alledaagse ervarings soos die verloop van tyd, die wisseling in seisoene en verandering van landskappe. Dit is ’n vorm van abstraksie. Daar word so intens en digby na dinge gekyk dat dit heeltemal anders en nuut lyk. Die titel Digby sinspeel ook op die digter se abstrakte kunswerke wat by elke gedig staan. Die veertig kwatryne, waarin alles tot die essensiële gereduseer word, is verwant aan die digtheid en helderheid van Japannese haikoes.
Erken
dit was eers toe sy terugloop op haar eie spoor
tot waar die pad gevurk het
dat sy kon erken
sy het toe tóg die regte een gevat
[Turksvy Publikasies 2022. Prys: R250.00. 82 bl. ISBN: 978-0-620-98032-6]