Getsémané Matthéüs 26 vers 36 tot 64 intense lyde in die pragtuin Getsémané op die Olyfberg waar Jesus ten hemele gepleit het by sy Vader om genade en redding van sy Godsbestemde doods-lot terwyl sy dissipels sluimer en slaap waar Hy hul bloedbesweet met ‘n lig-bewende hand op die skouer uit hul slaap…
Tag: Elmarie van Kampen gedig
Elmarie Nienaber van Kampen. in die laboratorium … (M)
in die laboratorium … stukkies en bietjies menslike uitkrapsels en –snysels bloed – vlees – urine – stoele – slyme intiem-inwendige sappe en syp’lings speurende oog wat vlymskerp soek deur ‘n lens wat siektes volgens mol/l – ml/min – g/l – U/l inboek © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024
Elmarie van Kampen. by elke saamkom
by elke saamkom is kos die hoofbestanddeel vele sit beleefd deur toesprake en praatjies met een oog op die spyse © Elmarie van Kampen, 2022
Elmarie van Kampen. Mot
Mot die mot se langsame fladder-draal ál nader aan die lokkende vlamme-praal verloop soos vele gedoemde attraksies: verblindend, vurig, fataal © Elmarie van Kampen, 2022
Elmarie van Kampen. Inachus io
Inachus io soos ‘n fetus tot mens kom binne sy moederkokon transformeer die ruspe okkult tot volle vlinder wasdom © Elmarie van Kampen, 2022
Elmarie van Kampen. wees
wees die verlore babaduif op die sypaadjie onder sy nes veertjie-dons yl en regop aan sy onvaste lyf reflekteer primitief die ou-oumens op die randjie van (sy) menswees laaste donshaartjies staties-orent op sy deurskynende kop © Elmarie van Kampen, 2022