Blouwalvis Hy weeg oor die honderd ton, sê Gooogle; sy tong soveel soooos ʼn olifant. Oooook, sê Goooooogle, is daar 1,335 miljoen kubieke kilometer water in die see. ʼn Getal te grooooooot vir die verstand, sou mens sê. Tog nie groooooooot genoeg dat honderd ton homself kan skaars hou nie, dat walvis en…
Tag: Elmarie Viljoen-Massyn gedig
Elmarie Viljoen-Massyn. Vier benaderings tot die pomelotoestand
Vier benaderings tot die pomelotoestand So gemaak, so laat val reg onder die boom met stuurs vrugte. Al teenvoeter vir bitterbek is ʼn stewige streep suiker. Die lewe het jou suurlemoene gegee. Jy weet wat om te doen daarmee! Swart van gal? Swaar van gemoed? Ons dokter jou dat dit…
Elmarie Viljoen-Massyn. Komkommer
Komkommer Die komkommer het nie bloed nie, wel binnegoed soos nat, fyn glas, pitte soos skerfies ivoor. Die komkommer het ʼn dik vel, liggies gestekel om sy koelte koel te hou. Die komkommer is ʼn lang, groen keel, in ringe ge- sny deur my. Sy hele stem ruik die kombuis vol:…
Elmarie Viljoen-Massyn
Vier volmane Wit Die naglug is ʼn stola, ʼn gladde strook fluweel; die maan is daaraan vasgesteek, ʼn perlemoenkamee. Geel Dié liggeel lelie bly oop in die nag, dryf op ʼn Monet-erige visdam. Blou 1883, Krakatoa. Agter die kantgordyn as hang die Delftse bord ongestoord. Rooi Die naghemel buig oor…
Elmarie Viljoen-Massyn. Kopskuif
Kopskuif Hierdie son van my doen maar net wat sonne doen: kom op, die ene vuur en vlam, skuifel weswaarts soos die dag sy gang gaan. Hierdie son van my word wat sonne is: ʼn meesterwatertrekker, van eie ondergange die skitterendste bewerker. © Elmarie Viljoen-Massyn, 2021
Elmarie Viljoen-Massyn. Verby
Verby Dikwels skrik ek wakker uit my dag, sien die lug bo my hang: ʼn stilstaande see. Daar is nooit wolke nie, net die ure wat verbyvaar soos bemanninglose lugskepe. Ek staar elkeen agterna tot dit weg- sink in die verte, totdat daar aan die ander kant van die aarde dooie…