Posts Tagged ‘Elzbé Viljoen kwatryn’

Kwatrynkompetisie (98)

Wednesday, April 7th, 2021

 

Tydlyn

 

2019 vra n sjinees ‘wat skort?’

2020 is toe sonder sport

2021 bring min wyn, dan baie

2022 ho’ nou! die lewe is kort

 

© Elzbé Viljoen, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (104)

Wednesday, April 7th, 2021

 

Genoeg

 

Gesondheid! klink n glas teen n glaas

Gewaarsku! lui die 6-uur nuus relaas

Genugtig! galm die hospitaal se kreet

Genade! roep ons ten hemele oplaas

 

© Elzbé Viljoen, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (96)

Monday, April 5th, 2021

 

Die oes

 

‘n ned’rige koringkorrel val en sterf

en so word jaarop se roem-oes verwerf

‘n druiwedop bars en bring voort edelwyn

‘n kroonpes bring dood; ons sal lewe erf

 

© Elzbé Viljoen, 2021