Die laaste sê My ouma het ons op ’n windgekotste dag uit strandhuismuf gejaag, om strandlangs te loop speel. Snotsandspore op bolippe, stofverstopte traankliere, herekleinekinderbende, besetenevangadaraseeskuim om enkels, middeloorontstekingtrotserend, het ons vir skaars babatoonskulpe gekrap in die loopsand van die golflyn, die streep tussen bloubibber en plesierril so dun soos die sonrokkie onder…
Tag: Emma Bekker gedigte
Emma Bekker. Kraaivlug
Kraaivlug Eens het kraaie oor die aarde regeer. Hulle het ontsnap uit die ark van ’n vreesaanjaende god, met snawels soekend na die aas gebore uit vloedgolwe. Hierdie swart susterskap, aanbidders van alles wat vloeibaar is, met ’n bloedlus vir die bedorwe, kon vloed in vrugwater omskep. Hulle was uitboorders van oë,…
Emma Bekker. Versekeringsbrief insake brandskade aan ‘n huis
Versekeringsbrief insake brandskade aan ‘n huis Ek verklaar dat ek onraad vermoed het toe ek die braaivleisvuur aan hom geruik het, ‘n vlugtige vriendskaplike omhelsing wat deur ‘n kleinerige komplikasie langer as gepas sou duur: sy regterhand-met-sigaret het in die net van my los hare homself sonder skade verstrik. Die ontknoping het ‘n…