Hannalie Taute. Wat is ʼn huis sonder ʼn moeder?
Monday, February 18th, 2013My gedagtes is deesdae gevul met die konsep van die huis as moeder.
Volgens Bruno Bettleheim in die boek: “The Uses of Enchantment” stel die huis die moeder simbolies voor soos byvoorbeeld die gemmerbroodhuisie in Hansie en Grietjie.
Ek het ook gister begin met nog ʼn ‘uitwis’ projek. Hierdie keer gebruik ek die oorblyfsels van die boek “What a young wife ought to know” en daarin het ek gelees van ʼn oosterse gesegde: “ “The house rests upon the mother”
Hoeveel vrouens is deesdae ‘huisvroue, tuisteskeppers, of soos ek graag daarna verwys “domestic engineers”?
In my soeke na ʼn gedig oor die vrou en haar huis kom ek af op hierdie prag-gedig:
WERKENDE VROU – EVELEEN CASTELYN 1928
Ek het die son gegroet,
My huis, my man,
Die lug se voëls;
My kind getroos: toe maar
Mammie sal nou-nou weer kom;
Met my koplamp
En ʼn toebroodjieblik
Vir ʼn dagskof afgedaal
In die skag
En toe ek na halfvyf
Weer uit die hysbak klim
Was my kind al groot,
My man was grys
En die swaels het reeds
Vertrek met die jaar se somervlug